Die Burger sirkulasie skitter!

2016-11-09 06:01
; Diamante vir twee diensleweringsjuwele! Edna Roux en Estelle Barnard van On the Dot, die maatskappy wat sorg vir die aflewerings van Die Burger, is tydens die maatskappy se nasionale toekenningsaand in Johannesburg vir hul uitnemende diens beloon.  Foto: WERNER HILLS

; Diamante vir twee diensleweringsjuwele! Edna Roux en Estelle Barnard van On the Dot, die maatskappy wat sorg vir die aflewerings van Die Burger, is tydens die maatskappy se nasionale toekenningsaand in Johannesburg vir hul uitnemende diens beloon. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TWEE van Die Burger se juwele in die sirkulasie-afdeling kan nou met hul eie diamante spog.

Edna Roux en Estelle Barnard van On the Dot, die maatskappy wat Die Burger se afleweringsdienste behartig, is verlede week in Johannesburg by dié maatskappy se nasionale toekennings vereer.

Roux is aangewys as die kliëntediens-kampioen vir haar werk by On the Dot se inbelsentrum, terwyl Barnard, ’n koerantafleweraar, met die titel van kontrakteur van die jaar weggestap het.

Barnard, wat al 16 jaar getrou sorg dat honderde lesers regoor die Baai hul koerante douvoordag ontvang, glo sy het die ure ingesit om dié diamantvormige toekenning te verdien. “As ek sê ek sal dit betyds aflewer, dan sal die koerant afgelewer word,” sê sy. “Ek is baie kliënt-georiënteerd, en my kliënte skakel graag met my oor hul aflewerings.”

Sy gaan slaap elke dag om 16:00 en staan om 23:00 op om dan vir die volgende vyf ure koerante op haar roete deur Port Elizabeth af te lewer. “Elke dag is anders, en party mense verkies die koerant onder die voordeurmat, ander soek dit deur hul venster of in die posbus. Dan moet jy kop hou.”

Só toegewyd is Barnard tot haar werk dat sy selfs die aand in die hotel in Johannesburg in haar slaap “Gooi dit oor die heining! Gooi dit oor die heining!!” uitgeroep het, vertel Edna Roux wat ’n hotelkamer met Barnard gedeel het toe hulle in die Goudstad vir die funksie was.

Roux sê niemand het nog ooit by haar oor enige aflewerings op Barnard se roete gekla nie. Neem ’n mens in ag dat Barnard in Maart vanjaar ná ’n pikaanval in die vroeë oggendure “gou” hospitaal toe gegaan het vir behandeling sodat sy haar aflewerings kon hervat, is dit nie verbasend dat haar kliënte nie kla nie.

Roux se toewyding en borrelende geaardheid maak haar ook geliefd onder kliënte. “Soms moet jy met moeilike mense werk, maar dit is my werk om hulle rustig te maak en te verduidelik waar die probleem is,” vertel Roux, wat al 13 jaar haar pos beklee.

“As ’n kliënt opgewerk is en só by die kantoor opdaag, moet ek hulle gerusstel – en dan kry ek sommer ’n drukkie voor hulle huis toe gaan.

“’n Mens moet maar die minste wees, want ons kliënte is vir ons spesiaal. Soos ons nou die diamante (van On the Dot) is, is ons kliënte vir ons goud werd.” – ODETTE PARFITT

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.