Die Lieflinge tree binnekort in PE op

2017-09-13 06:02
Rudi Claase en Charné Hugo is die Lieflinge. Foto:VERSKAF

Rudi Claase en Charné Hugo is die Lieflinge. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Lieflinge, bestaande uit Rudi Claase en Charné Hugo, tree eersdaags in Port Elizabeth op. Tanya van Zyl het met hulle gesels oor hul besoek aan die Vriendelike Stad en wat hul aanhangers van hul vertoning te wagte kan wees.

Het julle al voorheen in PE en Uitenhage opgetree of is dit jul eerste keer?

Lieflinge het in Februarie vanjaar by La Colline in PE opgtree. Ons kan uit ons persoonlike ervaring getuig hoekom PE “The Friendly City” genoem word. Die ondersteuners was uit die boonste rakke en dit was vir ons een van die lekkerste vertonings wat ons sover gedoen het.

Toe ons nuwe album uitgekom het (einde Junie), het mense al klaar vir ons begin boodskappe stuur oor waaneer ons weer gaan kom kuier. Dit is wel die eerste keer wat Lieflinge in Uitenhage gaan optree.

Waarna sien jul die meeste uit na jul besoek aan PE?

Die ongelooflike vriendelike mense het sommer diep in ons harte geklim. Ons kan nie wag om hulle weer te sien nie.

En waarna kan jul aanhangers uitsien tydens jul vertoning? Enige verrassings of hoogtepunte?

Die Lieflinge-handelsmerk is die breinkind van Rudi Claase en sal nog altyd basies dieselfde bly. Ons bring hulde aan nostalgiese musiek wat nog altyd onder Afrikaaners gewild was. Ons sing Engelse en Afrikaanse musiek en ons probeer om so bietjie van alles met die mense te deel. En mense gaan lag, huil, nostalgies voel, maar ook geïnspireerd. Ons hoop altyd dat mense wat ons vertonings bywoon met ’n voller hart huis toe gaan.

Vertel ons bietjie meer van jul nuwe album – die inspirasie, die soort klanke, hoogtepunte of laagtepunte met die opneem daarvan, en dies meer.

Ons nuutste album Miljoene Stemme is ons eerste album by Select/Sony Music en die ondersteuning wat ons vanaf die ongelooflike span gekry het, was net fantasties.

Ons hoogtepunt was al die ondersteuning van die nuwe span – dit is weer lekker om te voel dat jou “span” so hard vir en met jou werk. Die album is dieselfde as die ander Lieflinge albums – dit bestaan uit twee CD’s (een in Afrikaans en een in Engels) en daar is sewe oorspronklike Rudi Claase-liedjies op die Afrikaanse CD.

Die enigste verskil is dat daar so paar “dansliedjies” nou ingelsuit is en dit maak dit lekker luistermusiek vir elke liewe lid van die familie. Daar is met dié album géén laagtepunte nie – die projek was lekker om aan te werk, van die begin tot die einde.

Wat is volgende vir julle?

Ons beplan om soveel as moontlik met Miljoene Sterre te toer. Mense besef nie dat ’n kunstenaar se sukses met hul album bepaal hoe vinning die volgende album gemaak word nie; so ons doel is dus om soveel moontlik blootstelling te kry. Ons het onlangs saam met van Select se bekendste kunstenaars ’n Kersalbum opgeneem en dit behoort in die volgende maand of twee in die winkels beskikbaar te wees.

  • Die Lieflinge tree op 28 September om 8nm by Barkleystraat-teater in Uitenhage op. Kaartjies kos R120 en kan by 041 922 0575 of 082 809 4272 gekoop word.
  • Op 29 September om 7.30nm tree hulle by La Colline in die Baai op. Kaartjies kos R120 en is by 041 379 5548 of la-colline@telkomsa.net beskikbaar.

Wen! Wen! Wen!

Ter viering van die Lieflinge wat binnekort in PE gaan optree, gee Select Musiek en die PE Express ’n paar kopieë van die Lieflinge se nuutste album, Miljoen Sterre, weg. Gaan na ons Facebook-blad om in te skryf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.