Dirigent vier 30 jaar by die Oos-Kaapse Kinderkoor

2016-08-31 06:00
Van links is Liske Potgieter (alumnilid van OKKK), Lionel van Zyl en Amanda Engelbrecht.           Foto: ERIKA FRIEND

Van links is Liske Potgieter (alumnilid van OKKK), Lionel van Zyl en Amanda Engelbrecht. Foto: ERIKA FRIEND

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LIONEL van Zyl vier vanjaar sy 30ste jaar as dirigent van die Oos-Kaapse Kinderkoor (OKKK) – saam met Amanda Engelbrecht wat hom die afgelope 30 jaar as répétitrice en begeleier byge-staan het.

Die Oos-Kaapse Kinderkoor is bekend vir hulle hoë standaard van koorsang, suiwer, engelagtige klank en ingewikkelde repertoire vir gelyke stemme. Die koorlede is talentvolle kinders van alle kultuurgroepe tussen die ouderdomme van 10 en 15 jaar.

Die koor tree dikwels in die Nelson Mandela Metro en omgewing op, en ooorsese toere word gewoonlik elke tweede jaar onderneem.

Tydens ’n besoek aan Estland is Lionel geïnspireer om ’n junior koor vir die OKKK te stig. Aan die einde van 2008 is die Oos-Kaapse Junior Kinderkoor gebore.

“In plaas daarvan om slegs ’n voedingskoor vir die OKKK te wees, het die Junior Kinderkoor byna onmiddellik ’n volwaardige, gewilde koor geword wat vandag steeds sy plek vol staan onder die bekwame leiding van dirigent Hanlie Young,” het Van Zyl gesê.

Etlike alumni van die OKKK het professionele musici geword, onder andere bekende orrellis, Dr Mario Nell, asook Andiswa Makana wat pas in Duitsland die titelrol in die opera Aïda vertolk het.

In Die Baai tree die sopraan Liske Potgieter steeds as solis saam met die OKKK op.

Op Saterdag, 3 September, om 5nm, tree die OKKK saam met ’n besoekende Duitse orkes, die Camerata Academica Orchestra van Freiburg, in die Veremark-sentrum op. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.