Dokter wil jong pasiënte help met skildery

2016-07-20 06:00
Dr. Phillip de Vos.

Dr. Phillip de Vos.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het aanvanklik begin skilder om te ontspan ná werk, maar nou wil dr. Phillip de Vos dié stokperdjie gebruik om kinders se lewens te verander.

De Vos, ’n huisdokter by die Medicross-sentrum in Westering, loot nou een van sy skilderye uit om geld in te samel ten bate van Wings & Wishes. Dié Baaise organisasie finansier vervoer vir kinders met ernstige siektes wat ver moet reis om mediese behandeling te ontvang.

“Daar is ’n onbaatsugtigheid aan die werk wat hulle doen,” sê De Vos. As ’n kind siek is, maar sy ouers kan nie dié sorg bekostig nie, moet hy steeds hulp kry.”

Sy jongste skildery beeld ook dié boodskap uit. “Dit is ’n baie vrolike prent van kinders wat speel, want kinders moet die geleentheid hê om sorgvry groot te word.”

De Vos het verlede jaar nagenoeg R5 000 ingesamel vir die SOS-kinderhawe deur ’n ander skildery uit te loot.

“Ek wil nie ’n bedrag as doelwit stel vir vanjaar se lootjies nie; enige geld wat inkom, is geld wat Wings & Wishes nie voorheen gehad het nie, en daarvoor is ons dankbaar.”

Ook Inge Human, bestuurder van Wings & Wishes, het getuig van die “groot waarde” van die projek. “Dit skep bewustheid in die gemeenskap, sodat mense wat ons dienste benodig, daarvan kan hoor,” het Human gesê. “Met die geld wat deur die projek ingesamel word beoog ons om toiletware aan te koop vir mercy bags. Elke kind kry een van dié rugsakkies met toiletware, ’n kombers, ’n teddiebeer en ’n speelding om hul tyd in die hospitaal meer aangenaam te maak.”

Lootjies vir die skildery is teen R20 te koop by die Medicross-sentrum, waar die skildery ook uitgestal word. Dit is ook beskikbaar op Wings & Wishes se Facebook-blad. Die kompetisie duur tot 30 September.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.