Een uit 10 van Bethelsdorpse kinders het FAS

2016-04-20 06:00
Een uit tien kinders in Bethelsdorp en Helenvale in die Baai het fetale alkoholsindroom (FAS). Dié skokkende onthulling is gister op ’n mediabekendstelling deur die uitvoerende hoof van die Stigting vir Alkoholverwante Navorsing, Leana Olivier (regs), gemaak. Foto: VERSKAF

Een uit tien kinders in Bethelsdorp en Helenvale in die Baai het fetale alkoholsindroom (FAS). Dié skokkende onthulling is gister op ’n mediabekendstelling deur die uitvoerende hoof van die Stigting vir Alkoholverwante Navorsing, Leana Olivier (regs), gemaak. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN uit elke tien kinders in Bethelsdorp en Helenvale ly aan fetale alkoholsindroom (FAS).

Die stigting vir alkoholverwante navorsing (FARR) het dié bevinding gemaak ná navorsing oor gr. 1-leerlinge by 14 skole in die twee woonbuurte.

Dié studie, ’n eerste in die Oos-Kaap, is deur die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) gefinansier en deur die Oos-Kaapse drankraad (ECLB) aangevra na aanleiding van ’n berig wat in 2013 in ’n Engelstalige koerant gepubliseer is. In die berig is beweer vroue in Bethelsdorp drink doelbewus alkohol tydens swangerskap om dan vir hoër toelaes vir gestremde kinders te kwalifiseer.

Volgens Leana Olivier, FARR se uitvoerende hoof, is dit nie die geval nie.

“Vorige studies het al aangedui dat 75% van swangerskappe in Suid-Afrika onbeplan is en dus ook baie laat bevestig word. Dit kan daartoe lei dat sommige vroue alkohol inneem sonder dat hulle van hul swangerskap bewus is.”

Kinders met FAS is gewoonlik ondergewig en kort. Hulle is dikwels mikrosefaal (klein omtrek van die kop) met ’n reeks gesig-afwykings en ander fisieke abnormaliteite. Nier- en hartdefekte kan ook teenwoordig wees. Ligte tot matige verstandelike gestremdheid en ’n reeks gedragsprobleme kan voorkom.

Olivier skryf die hoë voorkoms van FAS in Bethelsdorp en Helenvale toe aan ’n gebrek aan kennis by sommige verwagtende vroue.

“Dit kan wees dat hulle weet hulle is swanger en dan alkohol drink met die idee dat FAS nie húlle kinders sal affekteer nie en dat dit net met ander mense gebeur,” het sy gesê.

Navorsing toon dat die voorkoms van FAS in Suid-Afrika van die hoogste ter wêreld is.

As gevolg hiervan het die FARR, in samewerking met die ECLB en SAB, in 2013 ’n bewusmaking- en voorkomingsprojek begin wat vennootskappe met die gemeenskap en die departemente van onderwys, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid, insluit.

Die projek, wat tot in 2017 sal voortduur, het reeds daarin geslaag om, onder meer, 182 grondslagfase-opvoeders en 70 maatskaplike werkers op te lei om met FAS-lyers te werk.

’n Verskeidenheid bewusmakingsveldtogte, wat opvoedkundige praatjies by klinieke, voorleggings op vergaderings en FAS-werksessies in die geaffekteerde gebiede insluit, is ook uitgevoer.

“Die hoë voorkoms van FAS in Bethelsdorp en Helenvale het verreikende gevolge vir die opvoedkundige, psigososiale en ekonomiese welsyn van die geaffekteerde kinders, hul families en die gemeenskap,” het Olivier gesê.

“Met dié projek streef ons daarna om ’n groter bewustheid van FAS te skep en om gemeenskapslede te bemagtig om alkoholmisbruik tydens swangerskap en uiteindelik FAS, te voorkom.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.