Ek voel gevaarlik, sê Early B ná benoeming

2017-03-15 08:20
Bloemendal se eie Earl Swartz, oftewel die kletsrymer Early B, is benoem vir ’n Ghoema-prys in die nuwe hiphop-kategorie. Foto: Werner Hills

Bloemendal se eie Earl Swartz, oftewel die kletsrymer Early B, is benoem vir ’n Ghoema-prys in die nuwe hiphop-kategorie. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WANNEER Earl Swartz deur die strate van Port Elizabeth se noordelike woongebiede stap, drentel kinders agterna asof hy die Rottevanger van Hamelin is – maar dit is sy kletsrym-kwinkslae wat hulle lok, eerder as ’n fluit.

Hier word Swartz (28), beter bekend as die bekroonde kletsrymer Early B, soos ’n held verwelkom.

“Gaan jy vir ons rap?” roep die kinders na hom. Hy stem in en oomblikke later hang hulle aan sy lippe terwyl hy teen ’n asemrowende tempo Afrikaanse woorde uitryg.

Dit is dié talent wat hy al nege jaar lank slyp en wat hom pas ’n benoeming vir die Ghoema-pryse se nuwe hiphop-kategorie besorg het.

“Twee van my liedjies is benoem, en dit is geskiedenis wat gemaak word,” vertel ’n uitbundige Swartz oor dié benoeming. “Ek voel gevaarlik!”

Dan vertel hy van die rymkletsgogga wat hom jare gelede gebyt het. “Aan die begin was dit moeilik, want ek wou mos vinnig rym,” vertel Swartz. “Ek was eers in ’n groep van drie ouens, maar oor die jare het elkeen sy eie paadjie gekies. Musiek was steeds vir my ’n passie, so ek het besluit om ’n solo-loopbaan te bou.”

Dié keuse het vrugte afgewerp, met Swartz wat benoem is vir ’n Kanna-prys ná verlede jaar se optrede by die KKNK en sy eerste musiekvideo wat 100 000 keer gekyk is in die eerste maand op YouTube.

Boonop behartig Swartz, wat onafhanklik van ’n platemaatskappy musiek maak, die regie van sy eie musiekvideos.

“Ek het ’n kursus in rolprentvervaardiging voltooi vir dié doel, en ek betrek graag mense van Port Elizabeth in die proses. Baie van die ouens hier dink nie hulle het veel van ’n toekoms nie, maar ek werk hard en gebruik wat ek het om vir hulle te wys: dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie.”

Hy is baie trots op sy stad en Bloemendal, waar hy grootgeword het en steeds woon.

“Ek sê altyd in my optredes ek is van die Dal af en ek voel dat ek Bloemendal verteenwoordig in alles wat ek doen. Ons woon werklik in die Vriendelike Stad, en ek is mal oor die Afrikaans wat ons hier gebruik.

“Ek verkies ook om in Afrikaans op te tree, want ek kan myself beter uitdruk en sê wat ek voel. Dit neem 10 sinne in Engels om iets te verwoord wat jy in Afrikaans in een sin kan sê.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.