Express gesels met Elvis

2016-07-13 06:00
Elvis Blue tree hierdie naweek in Port Elizabeth by La Colline op.            Foto: VERSKAF

Elvis Blue tree hierdie naweek in Port Elizabeth by La Colline op. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Idols SA 2010 wenner Elvis Blue, wat onlangs sy nuwe CD, Optics, vrygestel het, tree hierdie naweek by La Colline in Port Elizabeth op. PE Express se ANIKA DE BEER het met hom gesels oor sy liefde vir musiek en dié nuwe CD.

Wat of wie het jou geïnspireer om musiek vir ’n lewe te doen?

Ek was baie gelukkig om van kleins af blootgestel te wees aan musiek. My ma was ’n klavieronderwyseres en vandat ek kan onhou, was ek mal oor musiek. Op hoërskool het ek my eerste kitaar gekoop by ’n meisie in my klas en van toe af wou ek nooit ophou musiek maak nie.

Hoe het musiek jou uitkyk op die lewe verander?

Die ding waarvan ek seker die meeste hou van musiek is dat dit ’n effek het op hoe mens voel. In soveel omstandighede bepaal my gevoelens die manier wat ek kyk na die lewe en dus het musiek nog altyd ’n groot effek op my.

Wat is jou gunsteling plek om op te tree in Suid-Afrika en hoekom?

Ek is gelukkig om baie plekke te sien en het vir baie jare lank gewens ek kan net optree. So deesdae om so baie te toer is regtig vir my wonderlik. Maar ek moet sê wanneer ek in George optree kan ek in die aand huis toe gaan na ’n baie mooi vroutjie en kinders en dit gebeur nie op enige ander plek in die land nie.

Jy het al vantevore opgetree in Port Elizabeth. Hoe ervaar jy die ‘winderige stad’?

Ek hou verskriklik baie van surf en sien altyd uit na die mense in PE, maar ook die branders om die draai in Jeffreysbaai.

Wat was die inspirasie vir jou nuwe album, Optics?

Die woord Optics beskryf hoe mens kyk na die lewe. Vir my is musiek nog altyd ’n manier om jou uitkyk op die lewe te beskryf. Dit is hoekom ek gevoel het Optics is ’n gepaste titel. Ek hoop mense geniet dit.

Hoeveel van die liedjies op hierdie album het jy self geskryf?

Almal van hulle!

Watter liedjie op die album is jou gunsteling?

Ek hou nogal baie van “The Tide”. Ek is trots op die liedjie asook die boodskap daarvan.

  • Elvis Blue bring sy talent na La Colline op 15 en 16 Julie om 6.30nm. Kaartjies is beskikbaar teen R130 per person. Bel 041 379 5548 of la-colline@telkomsa.net vir besprekings.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.