‘Flikflooie’ beloof om oud en jonk te laat skaterlag

2017-09-20 06:02
< Mark Farrow en Yolande Farrow is te sien in Flikflooie, wat vanaf 26 tot 30 September in The Little Theatre in Belmont Terrace opgevoer word.                Foto: VERSKAF

< Mark Farrow en Yolande Farrow is te sien in Flikflooie, wat vanaf 26 tot 30 September in The Little Theatre in Belmont Terrace opgevoer word. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ATKV-PEAAT se jaarlikse komedie is eersdaags op die planke en Baaienaars kan hul gereed maak vir ’n skreeusnaakse en hoogs vermaaklike 2017-produksie. Flikflooie, deur Ray Cooney en John Chapman, is uit Engels vertaal deur Wim Vorster en die PEAAT-span blaas nuwe lewe in die teks wanneer hul dié trefferproduksie vanaf 26 tot 30 September in The Little Theatre in Belmont Terrace, Port Elizabeth, opvoer.

As ’n man hom nie by sy huweliksbeloftes kan hou nie, gaan dinge vir seker skeefloop. Dié skerp drama vertel van Gilbert Bodley, ’n getroude man, wat buite die huwelik slinkse dinge aanvang. Wanneer sy vrou egter vroeg terugkeer van vakansie, begin die poppe dans as sy hom so byna-byna op heterdaad betrap!

Die penarie waarin Gilbert hom dan bevind, verseker heerlike lagoomblikke en boonop sleep hy die vaal Arnold by sy moles in – en die eindresultaat is histeries.

Marelize Barnard, voorsitter van ATKV-PEAAT, skuif oudergewoonte in die regisseurstoel in en meen vanjaar se komedie gaan ’n hoogtepunt op PEAAT se kalender wees. “Ek geniet dit altyd só baie om regie te doen. Ek dink ek geniet dit selfs meer as om te speel. Dis vir my heerlik om die teks te interpreteer en dan elke akteur se uniekheid daarby te laat probeer aanpas.”

Barnard meen die skrywers het die hoofkarakters baie besonders geskryf omdat hul grootliks die stuk moet dra, maar daar is ook ongelooflike cameo-rolle wat die aandag gaan trek. “Mevrou Fencham, gespeel deur die gewilde Baaise verhoogpersoonlikheid, Yolande Farrow, is voorwaar ’n juweel.”

Barnard is ook opgewonde oor vier van die akteurs wat vanjaar vir ATKV-PEAAT hul debuut op die verhoog maak. Sy meen dit bly heerlik om nuwe gesigte op die verhoog te sien aangesien ATKV-PEAAT hul immers ten doel stel om Afrikaanse toneel te ontwikkel en te bevorder.

Die stuk het geen ouderdomsbeperking nie en kan deur oud en jonk geniet word.

Kaartjies kos R80 en is by Westway Kafee beskikbaar by 041 365 0217 of www.westway.co.za of kan by die deure gekoop word. Die vertoning begin saans om 7:30.

Die rolverdeling sluit in: Kalinka Venter, Riël Marais, Lourenco Jansen van Rensburg, Alicia Botha, Siobhan Hibberd, Henrico Jordaan, Cobus Lombard, Emercia de Lange, Chris-Mari Vosloo, Mark Farrow en Yolande Farrow.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.