Halfeeu ná koerantberig is paartjie nog saam

2015-12-09 06:00
Ashley en Elizabeth Kapp is uiteindelik in 1968 getroud nadat die troue ’n paar keer uitgestel moes word weens beserings.  Foto: Werner Hills LINKS: S ó het die Oosterlig destyds oor Ashley berig.

Ashley en Elizabeth Kapp is uiteindelik in 1968 getroud nadat die troue ’n paar keer uitgestel moes word weens beserings. Foto: Werner Hills LINKS: S ó het die Oosterlig destyds oor Ashley berig.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SEDERT hy ’n ses weke oue baba was, het sy bene al 35 keer gebreek weens ’n seldsame siekte – maar in sy huis is daar geen ruimte vir selfbejammering nie.

Só het Ashley Kapp (74) - 50 jaar nadat hy en sy verloofde op die voorblad van die destydse koerant Die Oosterlig (susterskoerant van PE Express) verskyn het, gesê.

Ashley en Elizabeth, sy verloofde wat toe ook sy vrou geword het, het onlangs hul foto uit die 1965-uitgawe van Die Oosterlig raakgesien in Die Burger se rubriek “50 jaar gelede”.

Die oorspronklike berig het gevolg nadat Ashley, ’n Baaise boorling, se been op 24-jarige ouderdom vir die 24ste keer gebreek het.

“Nou staan ek al op 35 beenbreuke,” het Ashley, wat aan brosbeensindroom ly, vertel. “Die dokters sê jy ontgroei dié siekte, maar eintlik ontwikkel jy net meer verstand – jy leer wat jy kan en nie kan doen nie.”

Tog klink dit nie of daar veel is wat Ashley en sy seun, Adieu, wat ook aan dié siekte ly, nié kan doen nie. “Wanneer jy in ’n rolstoel is, kyk mense na jou en wonder hoe jy oorleef, maar in ons huis is daar nie plek vir simpatie nie.

“As die huis geverf moet word, maak Adieu die verfroller aan ’n besemstok vas en doen dit self. My vrou sorg dat die swembad skoon bly , en ek hou my lyf kok. Soms gaan dit sukkel-sukkel, maar ek geniet dit steeds!”

Ashley borrel veral wanneer hy praat oor hoe hy Elizabeth ontmoet het. “Ons het albei by Telkom gewerk, en sy was die een wat ogies vir my gemaak het,” skerts hy terwyl Elizabeth net haar kop skud. “Ek waardeer haar so baie omdat sy stupid genoeg was om met my te trou.”

Tog het dit ’n ruk geneem voor hulle kansel toe is. “Ons moes die troue ’n paar keer uitstel – dis ook waaroor die berig destyds was. Met daardie beenbreuk het ek 11 maande in die hospitaal gelê, maar Elizabeth het elke aand kom kuier.”

Hulle is uiteindelik in 1968 getroud en vandag spog hulle met drie seuns en drie kleinkinders.

“Respek is die wagwoord vir ’n lang getroude lewe,”meen Ashley.

“Ons stry baie,” gee Elizabeth toe. “Mense verskil mos, maar dan moet jy kan omdraai en vergeet daarvan, want ons is ’n span. Ek het respek vir Ashley, want hy kan alles doen wat ander mans kan doen, behalwe dat hy nie by hoë rakke kan bykom nie.”

Ashley glimlag weer. “Daarom het ek mos vir haar ’n leer gekoop,” merk hy op.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.