Helenvale vroue maak ’n verskil

2016-04-13 06:00
’n Groepie vroue van Helenvale wat in dié bendegeteisterde gebied uitgaan om mishandelde vroue en kinders te ondersteun, het Donderdag in die hulpbronsentrum bymekaargekom. Hier vertel Joyce Adams wat die groep vir die gemeenskap beteken.     Foto: WERNER HILLS

’n Groepie vroue van Helenvale wat in dié bendegeteisterde gebied uitgaan om mishandelde vroue en kinders te ondersteun, het Donderdag in die hulpbronsentrum bymekaargekom. Hier vertel Joyce Adams wat die groep vir die gemeenskap beteken. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TERWYL misdaad hoogty vier in die Baaise noordelike woonbuurte, is daar ’n klein groepie vroue in Helenvale wat ’n verskil probeer maak.

Dié vroue, in samewerking met die Mandelabaai Ontwikkelingsagentskap (MBDA) en die White Door Hoopsentrum, stel daagliks hul lewens gevaar deur in dié bendegeteisterde gebied uit te gaan om vroue en kinders wat mishandel word, moed in te praat en in te lig oor hul regte.

“Ek bly al meer as vyftig jaar in Helenvale en het al baie voorbeelde van huishoudelike geweld gesien: fisiek, emosioneel én ekonomies en dis verskriklik,” het Maria Stewart, programbestuurder van die “vrouedialoog” gesê.

Stewart, wat ook deel is van die White Door Hoopsentrum, het voorheen in die polisie se slagofferondersteuningsentrum gewerk. Maar navorsing het gewys dat meeste geweld binne huisgesinne plaasvind en alle slagoffers nie na vore kom om dit by die polisie aan te meld nie.

“Vroue in die gemeenskap word soms geslaan en die lelikste woorde deur hul mans toegesnou. Hulle dink dis reg en doen niks daaromtrent nie omdat hulle nie hul regte ken nie,” het Stewart bygevoeg. “Ons hier van die vrouedialoog gee vir hulle raad oor waarheen hulle kan gaan om klagtes aan te meld, ’n beskermingsbevel te kry en hoe hulle dit kan gebruik.”

Die lede van die vrouedialoog vind sélf ook baat by die program. Hulle ontmoet elke Donderdag in die Helenvale hulpbronsentrum om te ontlaai en hul leed en vreugde met mekaar te deel. Dit is ook hier waar hulle deur die MBDA toegespreek word en kennis oor vroueregte opdoen.

Valerie Elie, een van die lede van die vrouedialoog, vertel hoedat die groep haar gehelp het. “Ek was self ’n slagoffer van mishandeling, maar hierdie groep het vir my hoop gegee. Ek het geleer hoe om met geweld te werk en dit te hanteer, nou kan ek ook uitgaan en probeer om ander slagoffers te help.”

Volgens Eldridge Jerry, sosiale ontwikkelingsfasiliteerder by die MBDA, is die doel van die vrouedialoog om die gemeenskap se gees op te bou. “Vroue moet ’n sê hê en ons by die MBDA werk saam met die vrouedialoog en ander gemeenskapsleiers om veiligheid en vrede in ons gemeenskap te bewerkstellig.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.