Help ’n seeskilpadjie só om te oorleef

2017-04-26 06:01
Ruth Wright en Mike van Tonder van die Bayworld-oseanarium wys twee van die karetskilpaaie wat reeds aan die kus uitgespoel het. Foto:WERNER HILLS

Ruth Wright en Mike van Tonder van die Bayworld-oseanarium wys twee van die karetskilpaaie wat reeds aan die kus uitgespoel het. Foto:WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SLEGS twee uit elke 1 000 karetseeskilpaaie oorleef tot volwassenheid.

Daarom het die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth ’n beroep op strandgangers gedoen om hul oë oop te hou vir enige klein seeskilpadjies wat tussen nou en Junie aan die kus uitspoel, sodat hulle ’n tweede kans op lewe gegee kan word.

“Tussen Maart en Junie word die pasgebore seeskilpaaie deur storms en sterk winde met seestrome na koue waters meegesleur,” sê Ruth Wright, ’n kurator van die Bayworld-oseanarium. “Die skilpaaie hou nie van koue water nie.

“Strandgangers maak gewoonlik die fout en glo hulle moet die gestrande skilpaaie weer in die see invat, terwyl dit sake net vererger.”

Volgens Wright verlaat die seeskilpaaie juis die see omdat die water te koud is.

“Ons wil mense vra om eerder ’n gestrande seeskilpad na hul naaste oseanarium te bring sodat ’n rehabilitasieproses met die skilpad kan begin.”

Sy sê die getal skilpaaie wat uitspoel, wissel van jaar tot jaar. In 2015 het Bayworld net meer as 60 gekry en verlede jaar net minder as 20.

“Ons hoop vanjaar sal ’n stil jaar vir die gestrande seeskilpaaie wees, aangesien die ideaal is om hulle in die see te hou.

“Maar vir dié wat wel uitspoel, staan ons slaggereed.”

Bayworld het verlede week reeds vier gestrande karetseeskilpadjies ingeneem.

“Ons stap elke dag op die strand om vir hulle kos bymekaar te maak. Bloublasies, stokvis, sardyne en garnale is van die kos wat ons hulle voer.”

Die skilpaaie weeg tans tusen 25g en 30g. Hulle sal tot minstens Januarie in Wright se sorg wees of tot wanneer hulle 500 g weeg, voordat hulle in die warmer seewater van KwaZulu-Natal vrygelaat sal word. ’n Volgroeide seeskilpad kan sowat 100kg weeg.

Wright het bygevoeg dat ’n hulle vanjaar op ’n Superhero-tema vir die skilpadname besluit het.

“Elke jaar bring mense die skilpaaie in en hulle kry meestal dieselfde name van die publiek. Vanjaar moedig ons mense aan om hulle Superhero-name te gee.”

Ironman, Hawkeye, The Hulk en Black Widow, almal karakters van die Avengers-fliek, is reeds gebruik. As jy in seeskilpad op die strand vind, sit hom in ’n klein houertjie met ’n bietjie nat seesand daarby. Bel dan die naaste rehabilitasie sentrum:

  • Port Elizabeth, Bayworld-oseanarium: 041 584 0650 of 071 724 2122.

– CARA-LEE DORFLING

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.