Hond se bloed kan ook ’n lewe red

2015-11-25 06:22
Max en Scoobie die twee Baaise “bloedredders” by die 9de Laan-veeartsenykliniek word ná elke bloedskenking met ’n braaihoender beloon. Songezo Dwane, hier by hulle op die foto, gaan stap ook elke middag met sy vierpootmaats. Foto: CHANI KRIEL

Max en Scoobie die twee Baaise “bloedredders” by die 9de Laan-veeartsenykliniek word ná elke bloedskenking met ’n braaihoender beloon. Songezo Dwane, hier by hulle op die foto, gaan stap ook elke middag met sy vierpootmaats. Foto: CHANI KRIEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HET jy geweet jou eie Wagter kan help om jou buurman se Snuffels se lewe te red deur ’n bloedskenker te word?

Raar, maar waar. Want net soos daar altyd kritieke tekorte aan mensebloed is, is daar ook ’n skaarsste aan hondebloed.

Só kritiek is die situasie dat dr. Charles Hayward, ’n Baaise veearts, al lankal sy eie twee honde, Max en Scoobie, bloedskenkers gemaak het.

“Min mense weet dat hulle ’n hondelewe kan red as hulle hul honde vat om te gaan bloed skenk,” het dr. Dave Stuart, veearts by die Baaise dierewelsynsorganisasie, bevestig.

“Ons het nie ’n tekort aan bloed nie, ons het net ’n tekort aan mense wat weet dat hulle honde ook skenkers kan wees,” het Hayward by Stuart aangesluit.

Honde het meer as 13 verskillende bloedtipes, maar anders as by mense, kan honde aan enige bloedtipe skenk.

Hayward sê hulle ontvang wel gereeld hondebloed by die dierewelsynsorganisasie, maar daar word maar die meeste op Max en Scoobie staatgemaak.

Soveel so dat Max en Scoobie, eens verstote honde, permanent op die perseel by die 9de Laan-veeartsenykliniek bly.

“Elke keer wanneer hulle bloed skenk, beloon ons hulle met ’n gebraaide hoender. So ook die ander honde wat deur hul eienaars as bloedskenkers ingebring word,” sê Hayward.

Scoobie die sharpei/Chinese keeshond-kruising en Max, pure basterbrak, word ook elke middag deur Songezo Dwane, wat ook op die perseel saam met die honde bly, vir hul daaglikse wandeling geneem.

Daar is nou al nagenoeg ses honde van die Baaise dierewelsynsorganisasie wat elke maand bloed skenk.

Volgens Stuart is die groot rasse meestal die bloedskenkers. “Die honde wat meer as 27kg weeg, is goeie kandidate omdat hulle 450ml tot 600ml bloed kan skenk.”

Die hond kan dieselfde dag ná die bloedskenking huis toe gaan.

“Hulle kan elke drie weke vir twee jaar lank bloed skenk,” het Stuart bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.