Hondemaats kry huis ná 11 jaar in skut

2015-12-02 06:00
Dit het elf jaar lank geduur, maar die honde Jessica (11, links) en Cody (12) sal vandeesweek vir die eerste keer ’n huis hê. Die twee honde het byna saam as klein hondjies by die Save a Pet-skut aangekom waar hulle saam in ’n hok gewoon het. Cheryl

Dit het elf jaar lank geduur, maar die honde Jessica (11, links) en Cody (12) sal vandeesweek vir die eerste keer ’n huis hê. Die twee honde het byna saam as klein hondjies by die Save a Pet-skut aangekom waar hulle saam in ’n hok gewoon het. Cheryl

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NÁ elf jaar in ’n skut sal twee honde vandeesweek in Johannesburg op ’n kleinhoewe “aftree”.

Dié ongekende vryheid het Cody (12) en Jessica (11), albei kruisras-honde, te beurt geval nadat ’n foto van ’n spelende Cody verlede week op die Facebook-blad van die Baaise Save a Pet-skut verskyn het.

“Op die foto het Cody ’n bal in sy bek, en ek het dadelik geweet dis ’n hond wat ek vryheid op my kleinhoewe in Centurion wil gee,” het Beverly Mace, ’n Baaise verkoopsbestuurder, gesê.

Volgens Mace sal sy binnekort aftree en is dit haar jare lange droom om ’n goeie tuiste aan ouer honde te bied, waar elkeen sy eie rusbank het.

Cody het egter met meer as sy bal vir bagasie gekom.

“Toe ek aanbied om Cody aan te neem, het ek gehoor dat hy en Jessica al jare saambly en beste vriende is. En ek sal dit haat om van my beste vriend geskei te word...so, toe besluit ek om sommer vir Jessica ook te vat.”

Volgens Sheila Gibson, bestuurder van die skut, het Cody en Jessica saam in ’n hok beland toe hulle meer as ’n dekade gelede by die skut aangekom het.

“Cody is een van ’n werpsel honde wat in Victoriaweg opgetel is. Jessica is in dieselfde tyd gered toe iemand probeer het om haar teen R20 op ’n straathoek te verkoop.”

Hoewel Gibson voel dat dit moeilik is om die honde ná al die jare te laat gaan, meen sy hulle verdien die “rustigheid in hul goue jare” wat in Gauteng vir hulle voorlê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.