Jaarlikse fietstoer hou baie verrassings in

2017-08-23 06:00
; By die bekendstelling van die Makro Bestmed Fietstoer en Prettrappe, in samewerking met Die Burger, is, van links, Mario Rivabella, fietsryer Anriette Schoeman en Zama Hena.Foto:CHARLES PULLEN

; By die bekendstelling van die Makro Bestmed Fietstoer en Prettrappe, in samewerking met Die Burger, is, van links, Mario Rivabella, fietsryer Anriette Schoeman en Zama Hena.Foto:CHARLES PULLEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Makro Bestmed Fietstoer en Prettrappe wat op Saterdag, 9 September plaasvind in samewerking met Die Burger gaan vanjaar ’n baie groot geleentheid wees met reuse gelukkige trekkinge, medaljes en prysgeld op die spel.

Makro, Bestmed en Mecer se groot bydrae tot die borgskap van die toer het dit moontlik gemaak om weer vanjaar ’n volledige bergfietswedren van topgehalte op Sondag, 10 September aan te bied. Die Laerskool Lorraine en NMU span vanjaar saam om die fietsryfees ’n spog geleentheid te maak.

Totem het ook vanjaar in ’n groot mate tot die toer toegetree deur verskeie pad- en bergfietse as gelukkige trekkinge te borg.

Thule Port Elizabeth skenk ook vanjaar twee Thule-fietsdrarakke as gelukkige trekkinge. Makro skenk ook ’n R75-koopbewys aan elke ryer wat aanlyn inskryf.

Die toer vorm vanjaar deel van die Bestmed Nasionale Fietsry-reeks en die wedren is vanjaar ook ’n CANSA-byeenkoms wat beteken dat elke ryer wat aan die wedren deelneem ’n bydra tot die stryd teen kanker gaan lewer.

Bestmed/ASG skenk ook R10 aan Cansa vir elke ryer wat aan die toer deelneem.

Elke ryer wat die 90km en 30km afstand voltooi sal ’n pragtige medalje ontvang. Die groot verrassing is dat ryers wat vanjaar aan die 1km, 5km en 10km prettrappe deelneem ook medaljes sal ontvang.

Al die deelnemers van die bergfietswedren wat vanjaar by Hopewell in die Groenbossies- omgewing plaasvind, sal ook medaljes ontvang. Daar sal ook vanjaar ouderdomskategoriemedaljes en prysgeld in die bergfietswedren aangebied word.

Vanjaar is daar weer prysgeld op die spel in die “Ultimate Quest” vir mans en vroue in die pad- en bergfietswedrenne. Medaljes is op die spel vir alle ryers wat hulle afstande voltooi sowel as goud, silwer en brons vir die wenners van die verskillende ouderdomskategorieë.

In die bergfietswedren is daar prysgeld op die spel vir die 55km wedren. Die padwedren oor 90km gaan vanjaar weer oor die pragtige Maitlands klim en langs Seaview plaasvind.

Die meer onfikse ryers kan aan die 30km wedren deelneem wat weer absoluut op ’n plat roete gaan plaasvind. Daar sal ook prettrappe vir die familie oor 5km en 10km aangebied word, sowel as die 1km Kiddies-wedren.

Die bergfietswedren bied vanjaar meer afstande aan. Daar sal ’n wedren oor 55km plaasvind asook prettrappe oor 30km en 10km.

Seaman’s Renault/KIA gaan weer 12 diensvoertuie verskaf wat na die veiligheid van die ryers sal omsien. Die NMBM se verkeerspolisie sal sorg dat alles op die roete ordelik verloop.

Die “Tranewa” sal sorg dat geen ryers agter gelaat word nie.

Powerade gaan verseker dat niemand op die roete dors sal word met die drie waterpunte wat tot beskikking van die ryers sal wees nie.

Klinicare en Nurtitech sal sorg dat die ryers baie oulike geskenkpakkies gaan ontvang.

Daar word weer vanjaar ’n groot fees saam met die toer aangebied. Hansworse, voedsel en speelgoedstalletjies, springkastele, trapkarre, “hotrods” en ’n veteraanmotoruitstalling, sowel as die Lorraine-blaasorkes sal sorg vir groot vermaak.

Ander items wat vanjaar tydens die fees aangebied word, is verfbalskiet, Bulletjie-rugby, netbal en pa’s wat mekaar op die netbalbaan die stryd gaan aansê. Daar gaan dan ook vanjaar ’n biertent wees met TV-skerms waarop die rugby gekyk kan word.

Die groot trekpleister is wel die baie en groot gelukkige trekkinge. Africa Silks gaan vanjaar sorg vir ’n pragtige syduvet ter waarde van duisende rande as ’n gelukkige trekking. Silks Africa Anriette-velsorgprodukte, geskenk deur Silks Africa, sal ook gewen kan word.

Continental sal ook weer vanjaar sorg dat gelukkige ryers uitstekende bande as gelukkige prys kan wen. Dan sal daar baie speelgoed-pryse op die spel wees vir die kinders.

Die eerste groep ryers sal Saterdag om 7vm vanaf die Laerskool Lorraine wegspring. Die res van die groepe sal daarna met 5-minuutintervalle wegspring.

Meer inligting oor die toer en aanlyninskrywings is beskikbaar by www.lorrainecycletour.co.za en op die Makro Bestmed Cycle Tour Facebook blad. Vir meer inligting kontak Jenny by 041 367 1125.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.