Johan Anker gereed om debuutalbum vry te stel

2017-08-16 06:03
Johan Anker.Foto:VERSKAF

Johan Anker.Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’N JAAR nadat hy The Voice SA se beoordelaars en kykers se asems weggeslaan het met sy unieke en veelsydige stem, is Johan Anker terug met sy debuutenkelsnit, Hoop en Bid.

Dié liedjie, uit die pen van Vaughan Gardiner, is ’n mengsel van roerende lirieke en ritmiese melodieë. Volgens Anker het die snit ’n onderliggende geestelike boodskap.

“Dit gaan daaroor dat ons almal geluk en liefde verdien, ongeag van wie ons is. Daar is vir almal tye van hartseer, pyn of vrees en dis juis dan wanneer ons moet saamstaan,” verduidelik die kunstenaar. “Mense is geneig om van iets te hou waarby hulle aanklank vind en dis ook hoekom die liedjie my aandag getrek het.”

Anker is oorspronklik van Port Elizabeth en het skoolgegaan by Hoërskool Andrew Rabie. Na skool het hy BA Drama aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en het ook ’n sertfikaatprogram in Klassieke Musiek voltooi.

Sy talent as sanger en akteur het baie aandag getrek en gelei tot verskeie verhoogproduksies.

Hy is tans druk besig met die finale afrondings van sy debuutalbum wat hierdie maand vrygestel word. Anker is baie opgewonde oor die vooruitsig van sy eerste album en beskou dit as een van die hoogtepunte van sy loopbaan sover.

“Die hoofdoel van die album is om vir luisteraars hoop te gee. Daar is ook liedjies gekies wat vir my persoonlik iets beteken,” verklap hy entoesiasties.

Die CD bestaan uit elf snitte, wat spesiaal omskep is om sy strelende stem pragtig ten toon te stel. Indrukwekkende weergawes van treffers soos Romanz se My Hele Hart en Steve Hofmeyr se God se Bedelaar vorm ook deel van die album.

Johan Anker se debuut album word op 25 Augustus vrygestel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.