Jongeling se balletdroom byna ’n werklikheid

2016-12-21 06:01
Hier is Luhle tydens ’n dansvertoning by sy skool.

Hier is Luhle tydens ’n dansvertoning by sy skool.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is skaam en teruggetrokke, maar as Luhle Jakavula (14) eers sy balletskoene aantrek, blom sy hele wese.

Dié jong danser van die Walmer-nedersetting in Port Elizabeth is juis oor sy balletvernuf gekies om volgende jaar die gesogte AAB Summer School of Excellence se balletkursus by die Purchase College in New York by te woon.

Hier sal die wêreld se voorste balletkenners hom tydens die kursus van twee weke ’n hele paar ekstra pirouette kan laat tol.

Maar om op ’n vliegtuig te klim en dié kans aan te gryp, het hy nog sowat R40 000 nodig.

Susan Zerbst, eienaar van die Susan Zerbst-dansskool en Luhle se afrigter, sê sy het lanklaas ’n diamant soos dié leerling aan die Hoërskool DF Malherbe raakgeloop.

“Hy het in September verlede jaar eers by my aangesluit, maar binne dié jaar het hy diep voetspore getrap,” sê Zerbst. “Hy is nederig en skaam, maar wanneer hy dans, is hy in ’n heeltemal ander wêreld en word hy ’n ander mens.

“Luhle is een van daai rare dansers wat gebore is om ballet te doen. Hy het álles wat ’n wêreldberoemde danser nodig het, behalwe geld om sy talent verder te ontwikkel.” Luhle het in die laerskool eers “ballet vir pret” gedoen, voordat sy onderwyseres hom na Zerbst se dansskool in Charlo verwys het.

Omdat sy ma, Mampho, vir die grootste deel van die jaar werkloos was en
self nou haar twee kinders met die
kommissie wat sy in haar nuwe werk as verkoopskonsultant verdien, grootmaak, gee Zerbst gratis lesse aan hom.

Adele Bosch, ’n onderwyseres by DF Malherbe wat self skouer aan die wiel sit om geld in te samel vir sy New York-droom, sê Luhle loop vanaf hul huis na Charlo om sy dansklasse by te woon.

En vir hom om dansfeeste by te woon of eksamens af te lê, borg sy onderwysers hom dikwels, terwyl ander hom met gebruikte balletklere of met geld vir vervoer help.

“Baie van my balletouers spring ook gereeld in om Luhle te help,” sê Zerbst. “Bloot omdat hy só ’n uitmuntende danser is en dit hartseer sou wees as geld sy droom sou kelder. Ek en hy het die week ’n somerdansskool in Kaapstad bygewoon en sy vertonings het my laat huil.

“Net ’n wonderkind kan só iets regkry.”

Zerbst sê Luhle het wel ’n beurs vir die geleentheid in New York ontvang.

“Maar dit dek net 75% van sy koste. Die ander 25% beloop sowat R40 000 en hy moet dit teen 10


Januarie ingesamel hê, anders verval die res van sy beurs.

“My grootste begeerte is dat hy tóg New York toe kan gaan en dat iemand sy talent raaksien. Luhle lééf vir ballet.”

Dié wonderkind is egter tevrede met die minste. “Ek wil baie, baie graag gaan, maar ek weet my ma kan dit nie bekostig nie. Net om te kan dans, is ’n eer. Daar is iets rein en klassiek aan ballet en dit is wat my liefde daarvoor elke dag laat groei.”

* Die Hoërskool DF Malherbe het ’n ontwikkelingsfonds begin om Luhle by te staan. Enigeen wat wil help, kan Adele Bosch by 076 184 5951 skakel. Besoek ook gerus die skool se Facebook-blad vir meer besonderhede.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

7 weirdly awesome pets you can own

If you think it’s too boring to own a cat or a dog, consider getting one of these pets.

 
 

Paws

Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.