Kaleidoskoop vier tien jaar

2017-05-10 06:00
Anique Jordaan en Jouba Jordaan, die Afrikaanse musiekduo, Kaleidoskoop. Foto:LISA HNATOWICZ

Anique Jordaan en Jouba Jordaan, die Afrikaanse musiekduo, Kaleidoskoop. Foto:LISA HNATOWICZ

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE akoestiese musiekgroep, Kaleidoskoop, gaan ’n draai kom maak in Port Elizabeth om hulle tiende verjaarsdag en die vrystelling van hul nuutste album te vier.

Die groep, wat tans bestaan uit Jouba Jordaan en Anique Jordaan, is in 2006 gestig toe die oorspronklike lede nog op universiteit was.

Anique het eers in 2009 as hoofsanger aangesluit en sedertdien het dié duo diep spore in die musiekbedryf getrap.

Jouba, die stigterslid, liedjieskrywer en komponis, is verantwoordelik vir die kitaar, tweede stem, perkussie, mondfluitjie en ukulele in die groep.

Hy kom van die dorpie Kremetart naby die Krugerwildtuin en sy liefde vir musiek het vlam gevat toe hy gedurende sy koshuisjare vir die eerste keer iemand in lewende lywe sien kitaarspeel het.

Anique is die talentvolle hoofsangeres van Kaleidoskoop en sy speel ook klawerbord en trekklavier.

Die sangduo het al heelwat sukses geniet en die verhoog gedeel saam met van die land se grootste kunstenaars soos Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Adam Tas en vele meer.

Oor die jare het hulle drie suksesvolle albums uitgereik, naamlik Platsak, Vars Uitgekerf en Acoustic Covers en, ter viering van ’n suksesvolle dekade in die musiekbedryf, het die groep pas ’n nuwe album, Gunsteling Seisoen, bekendgestel.

Soos met hulle vorige albums, gaan Gunsteling Seisoen ook fokus op die lewe, liefde en menswees. Die album bestaan uit 11 oorspronklike snitte en twee verwerkings van bekende liedjies. Wegbreek is die eerste enkelsnit wat vrygestel is.

Kaleidoskoop het groot drome vir die toekoms, wat nog baie albums, optredes en ’n toer na België insluit.

Hulle sal by La Colline op 26 Mei om 7:30nm optree. Kaartjies teen R120 per persoon is beskikbaar by Brenda op 083 226 1038.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.