‘Klein probleme’ kan PE uitgooi om Ironman te huisves

2016-05-25 06:00
Nelson Mandelabaai is een van die drie stede wat oorweeg word as gasheerstad vir die 2018 halfysterman-wêreldkam- pioenskap. Die afvaardiging wat die nodige inspeksies doen waaraan ’n gasheerstad moet voldoen, het verlede week die metro besoek. Van links is die adjunkpresident van World Championship Events, Diane Bertsch, die uitvoerende burgemeester, Danny Jordaan en die hoofuitvoerendebeampte van Ironman, Shane Facteau.          Foto: WERNER HILLS

Nelson Mandelabaai is een van die drie stede wat oorweeg word as gasheerstad vir die 2018 halfysterman-wêreldkam- pioenskap. Die afvaardiging wat die nodige inspeksies doen waaraan ’n gasheerstad moet voldoen, het verlede week die metro besoek. Van links is die adjunkpresident van World Championship Events, Diane Bertsch, die uitvoerende burgemeester, Danny Jordaan en die hoofuitvoerendebeampte van Ironman, Shane Facteau. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KLEIN probleme met die infrastruktuur van Nelson Mandelabaai se paaie kan dalk Suid-Afrika se kans om die gasheerland vir die 2018 halfysterman-wêreldkampioenskap te wees, belemmer.

Ironman-bestuurslui het op 29 April bekend gemaak dat Port Elizabeth, Nice in Frankryk en Boedapest in Hongarye, almal tans gashere vir die Ysterman en halfysterman, die kortlys gehaal het vir die Ironman 70.3.

Diana Bertsch, adjunkpresident van World Championship Events, het verlede Dinsdag op ’n nuuskonferensie hier die kriteria uiteengesit waarvolgens die finaliste voor die finale goedkeuring gemeet word.

“Daar is baie dinge waarna ons kyk en daar is geen twyfel dat Nelson Mandelabaai ’n pragtige plek is nie, maar daar is ’n paar probleme met infrastruktuur wat opgelos sal moet word om te verseker dat die atlete die beste wêreldkampioenskap kan hê,” het sy gesê.

Bertsch en Shane Facteau, uitvoerende hoofbeampte van Ironman, was al van die vorige Sondag in die land om die stad te besoek en die nodige inspeksies te doen waaraan ’n gasheerstad vir die wêreldkampioenskap moet voldoen.

“Een van PE se paaie wat vir die fietsryroete gebruik word, is problematies omdat daar nie genoeg ‘gelyktydige’ plek vir die fietsryers, mediese voertuie, en diensdoenende personeel is nie. Dit sal verbeter moet word vir ’n wêreldkampioenskap,” het Bertsch gesê.

Danny Jordaan, uitvoerende burgemeester van die metro, het die onderneming gegee dat dié nodige verbeteringe wel aangebring sal word.

“Ons is bly dat Ironman ons stad waardig geag het om ’n finalis te wees en watter verbeteringe daar ook aan die infrastruktuur of enigiets anders gedoen moet word, sal ons doen,” het Jordaan gesê.

Verder is Bertsch en Facteau nie net beïndruk deur die Baai se besienswaardighede nie, maar ook deur die ontvangs wat hulle van die mense hier ontvang het.

“Dit was ’n spesiale ervaring om hier te wees en dít is waarna die atlete soek. ’n Plek kan pragtig wees, maar dis die mense wat daardie plek uniek maak. Hulle speel dus ’n sleutelrol in ons besluit,” het Bertsch beklemtoon.

Die afvaardiging sal hul besluit na verwagting in Junie bekend maak.
– CANDICE BEZUIDENHOUT

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.