Kweekhuise by NMMU stil leerlinge se honger

2017-04-19 06:00
Met nege beddings van gruis en water en vyf tenks met visse wil INMED Partnerships for Children die leerlinge van minstens tien skole in Port Elizabeth voed. Dié organisasie het twee kweekhuise by die NMU se Missionvale-kampus ingerig, wat bestaan uit ’n visplaas en groentetuin. Foto: WERNER HILLS

Met nege beddings van gruis en water en vyf tenks met visse wil INMED Partnerships for Children die leerlinge van minstens tien skole in Port Elizabeth voed. Dié organisasie het twee kweekhuise by die NMU se Missionvale-kampus ingerig, wat bestaan uit ’n visplaas en groentetuin. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OP die oog af lyk dit net soos twee doodgewone kweekhuise wat in ’n hoekie van die Nelson Mandela-Universiteit (NMMU) se Missionvale-kampus versteek is – maar teen die einde van die jaar sal dié ongewone groentetuin die honger van kinders by minstens tien skole in Port Elizabeth stil.

Dié eenhede is onlangs deur die organisasie INMED Partnerships for Children ingerig, wat met die steun van die Mondelez-stigting hul Health in Action-program hier voortsit om nagenoeg 70 skole in behoeftige gemeenskappe in Nelson Mandelabaai te help.

“Die idee is om ’n gesonde leefstyl te kweek by skole,” sê Unathi Sihlahla, programdirekteur van Health in Action.

“Ons lei onder meer mense op om fiksheid by skole te bevorder en groentetuine op die skoolterrein te onderhou, maar die kweekhuisprojek vorm ook deel van ons werk.”

Hul benadering tot tuinmaak is eenvoudig, maar nog redelik onbekend in Suid-Afrika: Hulle groei plante in water en gruis, met ’n visplaas wat die plante se groei aanhelp. “Die visse is eintlik die enjin van die stelsel,” sê Sihlahla. “Aan die een kant boer ons met tilapia-visse, en hul ontlasting word saam met die water uit hul tenks gepomp na die beddings, waar dit as bemesting dien.

“Die water word dan gefiltreer deur die gruis en vloei terug na die visse.”

Die pomp word aangedryf deur twee sonpanele buite die kweekhuise, en reënwater word op die perseel geoes vir die projek.

“Op dié manier bly ons onafhanklik van munisipale dienste, en die stelsel werk op sy eie. Mpendulo Ngcakani, ’n landboustudent van die NMMU, werk hier, maar net 30 minute per dag.

“Ons benodig net iemand om die visse te voer en te verseker dat daar nie lekplekke is aan die pype wat water na die beddings neem nie.”

Met dié stelsel hoop hulle om elke jaar tot twee ton groente en 6 000 visse te lewer om behoeftige kinders in die omliggende gebiede te voed.

“Ons kan die meeste soorte kruie en groente kweek, hoewel plante wat ondergronds groei, soos wortels en beet, moeiliker is.”

Buiten die voedsel wat gelewer word, bied die projek ook navorsingsgeleenthede vir studente van die NMMU.

“Boonop bring ons skoolgroepe hierheen om te sien hoe die stelsel werk,” sê Sihlahla.

“Ons wil mense leer van die stelsel, want dit is volhoubaar en prakties op ’n ekonomiese vlak deurdat dit nie duur toerusting of baie water benodig nie – en dit is veral ’n hulp vir boere en gemeenskappe wat onder watertekorte ly.”

Joost Vlaanderen, besturende direkteur van Mondelez Suid-Afrika, sê hy glo dié projek kan ’n verskil in gemeenskappe maak.

“Ons glo die stelsel sal kinders en families toegang tot gesonde, vars voedsel gee,” sê Vlaanderen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.