Lae slagsyfers kan rooivleispryse skerp laat styg

2017-03-29 06:03

SLAGSYFERS het so skerp gedaal weens die uitmergelende droogte dat rooivleispryse met 30% kan styg terwyl sukkelende veeboere alles in die stryd werp om hul uitgedunde kuddes te herbou.

Volgens dr. Pieter Prinsloo, ontleder en nasionale ondervoorsitter van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), het die slagsyfers sedert Januarie vanjaar baie gedaal; dus beland baie minder rooivleis tans op winkelrakke.

Die droogte, wat al drie jaar duur, het gemaai onder beesgetalle wat met minstens ’n halfmiljoen gedaal het tot minder as 14 miljoen stuks vee, sê Prinsloo.

“Verhoogde insetkoste het ook ’n vernietigende uitwerking op baie boere in die Oos-Kaap gehad, waartydens baie die handdoek moes ingooi en die bedryf verlaat weens geldelike druk. Dié provinsie is die grootste rooivleisteler in Suid-Afrika.

“Diegene wat oorleef, sal in ’n herstelfase wees en prysstygings sal stygende skuld wat hulle weens die droogte moes aangaan, effe verlig,” sê hy.

Prinsloo sê toe die droogte toegeslaan het, het boere die getal diere wat na die abattoirs gestuur is vermeerder omdat hulle nie die huidige getalle kon onderhou nie. Die toename in vleis op die markte het daartoe gelei dat pryse op winkelrakke gedaal het.

“Die langdurige krisis in die Oos-Kaap het daartoe gelei dat kuddes dringend opgebou moet word, wat slegte nuus vir verbruikers is.

“Hierdie vermindering in diere wat na slagpales gestuur is, het tot ’n styging in vleispryse van tot 30% gelei.

“In die beesvleisbedryf word die uitwerking op pryse vir sowat 18 maande vertraag en ons bereik nou eers die fase van prysstygings weens die droogte.

“Dit word verwag dat pryse verder sal styg weens die beperkte beskikbaarheid van slagvee,” sê Prinsloo.

Hy sê dat handelaars hul bes doen om die prysstygings te beheer.

Prinsloo het verbruikers aangeraai om hul aankoopgewoontes te hersien en eerder ’n hele karkas te koop en sodoende goedkoper te betaal vir gewilder snitte.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.