Laerskoolkore sing pryse los

2016-12-07 06:02
Clarendon Park Primary School se junior en senior kore het albei kategorieë in die Sing in Harmonie-kompetisie gewen. Rina Dippenaar (in rooi) is die dirigent. Rina Ras, die begeleier, staan langs haar.          Foto: Verskaf

Clarendon Park Primary School se junior en senior kore het albei kategorieë in die Sing in Harmonie-kompetisie gewen. Rina Dippenaar (in rooi) is die dirigent. Rina Ras, die begeleier, staan langs haar. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Clarendon Park Primêre Skool en die Arcadia Primêre Skool se senior kore het onlangs onderskeidelik die eerste en tweede plekke verower in kyk­NET se Sing in Harmonie-kompetisie vir skoolkore in die Suid- en Oos-Kaap.

Die eindronde is by die Victory Christian Skool op Jeffreysbaai gehou, en elke koor moes ’n Afrikaanse liedjie en ’n geestelike liedjie sing.

Clarendon se junior koor het ook die eerste plek in hul kategorie verower.

Rina Dippenaar, Clarendon se koordirigent, sê dit was wonderlik om net te kon deelneem.

“Om te wen was die kersie op die koek, want ons het baie hard gewerk en goed vir die kompetisie voorberei.

“Dié jaar het ook ’n konserttoer en die opneem van ’n CD ingesluit.”

Volgens Dippenaar is Clarendon Park se junior en senior kore op 22 Augustus as die wenners in die uitdunne van dié kompetisie wat by hul skool gehou is, aangewys.

“Ons is baie bly oor die kore se prestasies en sien uit na die pryse wat insluit kontant, ’n CD-opname en ’n musiekvideo wat op kykNET vertoon gaan word.”

Judy Hambury, koordirigent van Arcadia, is oorstelp van vreugde oor haar koor se tweede plek.

Dié koor het ook die eerste plek vir die uitvoering van ’n Afrikaanse liedjie, “Kan ’n man dan nie”, gewen.

“He” was hul geestelike liedjie.

“My hart swel van trots. My koor het alles gedoen presies soos ons geoefen het.

“Ek het na elkeen se gesig gekyk en gedink dis fantasties dat hulle alles gee net soos hulle geleer is,” sê Hambury.

Hambury is ook vol lof vir die begeleier, Romano Jonathan.

“Hy het net vir ’n paar sessies saam met ons geoefen en sy bydrae was ongelooflik,” sê sy.

Die Victory Christian School se senior koor was derde.

Volgens kykNET se webtuiste is Sing in Harmonie die eerste skolekoorkompetisie wat skole oor Suid-Afrika heen die geleentheid bied om op nasionale televisie naam te maak en in die proses hul deel van altesaam R50 000 in pryse los te slaan.

Die eindronde word op 6 Januarie op die kykNET-kanaal 146 uitgesaai.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.