Landbou-projekte ly miljoene se verliese

2016-03-23 06:00
Die vervalle stedelike landbouprojek in Bloemendal in Port Elizabeth is een van die projekte waarvoor ’n nuwe model nodig is sodat dit suksesvol bedryf kan word. Foto: WERNER HILLS

Die vervalle stedelike landbouprojek in Bloemendal in Port Elizabeth is een van die projekte waarvoor ’n nuwe model nodig is sodat dit suksesvol bedryf kan word. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BYKANS al die stedelike landbouprojekte van die Nelson Mandelabaai-metro het misluk en daarmee saam is miljoene rande verlore.

Anele Qaba, uitvoerende direkteur van die komitee oor ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, het verlede week in ’n vergadering toegegee dat 90% van die projekte, wat onder meer deur die metro gefinansier is, nie die mas opkom nie.

“Ons moet dus nou vorendag kom met ’n nuwe plan en ’n nuwe model sal binnekort bekend gestel word.”

Volgens Qaba het Danny Jordaan, burgemeester van die metro, gevra dat die sogenaamde township-ekonomie ondersoek moet word.

“Die metro werk saam met die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit om te bepaal wat dié ekonomie beteken en hoe om informele handelaars in die township in ’n formele manier te ontwikkel.

“ ’n Werksessie en beraad met kundiges word beplan om ons te help bepaal hoe die pad vorentoe lyk,” het Qaba gesê.

Luidens ’n verslag is die kar voor die perde ingespan vir die projekte in Motherwell, KwaZakhele, Bloemendal, Walmer, KwaNobuhle en Khayamnandi. “Dit is nie voorafgegaan deur ’n weldeurdagte beleid wat die munisipaliteit kon lei in die toepassing van die projekte nie,” lui die verslag.

  • Die Walmer-projek is in 2006 op die been gebring, het glo ná vyf jaar wins van R892 698,02 getoon, maar het in duie gestort weens diefstal en diensleweringbetogings.) Die Bloemendal-projek is in 2006 op die been gebring. Luidens die verslag bestaan ’n bankrekening vir die projek en genereer die projekbestuurder gereelde finansiële state.) Masibulele in Khayamnandi het ’n positiewe bankbalans, maar die bankrekening is nie tans aktief nie. Die omset en wins kon nie bepaal word nie.) Die KwaNobuhle-projek is in 2002 begin. Daar is geen finansiële state nie. Die munisipaliteit het die enigste finansiering verskaf.) Die KwaZakhele-projek het in 2009 begin. Tussen 2009 en 2013 is niks geplant nie. Die omset en wins kon nie bepaal word nie.) Die Motherwell-projek is in 2008 begin. Die inkomste is min en bankstate is laas in 2009 ontvang. Dit was onmoontlik om die jaarlikse omset en wins te bereken.

Luidens die verslag is die begunstigdes bepaal deur wykverteenwoordiging en werkloosheid as basis, eerder as bevoegde bestuurders wat die projekte in stand sou kon hou. Vir elk van die projekte het die betrokkenes met wie onderhoude gevoer is, gebrekkige opleiding as ’n probleem uitgewys.

Diefstal, elektrisiteitstekorte en ’n gebrek aan materiaal en vervoer was ook struikelblokke.

Die komitee het ’n voorstel van ’n nuwe model wat suksesvol op ander plekke aangewend is, verwelkom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.