Loodgieterdiens se tweede fase bekend gestel

2016-07-20 06:00
Die Nelson Mandelabaai-metro het 'n projek amptelik bekend gestel waar talle loodgieters aangestel is om na die lekplekke in die metro se wyke om te sien, asook om bewustheid oor die skaars hulpbron te kweek. Van links is Camedine Kriga, Joseph Kwatsha, raadslid Andile Mfunda, raadslid Maria Hermans, Walter Shaidi (uitvoerende direkteur van infrastruktuur en ingenieurswese), Jongikhaya Nqayi en Yolanda Gqoboka by die bekendstelling van die metro se wykgebaseerde loodgieterprojek.  Foto: WERNER HILLS

Die Nelson Mandelabaai-metro het 'n projek amptelik bekend gestel waar talle loodgieters aangestel is om na die lekplekke in die metro se wyke om te sien, asook om bewustheid oor die skaars hulpbron te kweek. Van links is Camedine Kriga, Joseph Kwatsha, raadslid Andile Mfunda, raadslid Maria Hermans, Walter Shaidi (uitvoerende direkteur van infrastruktuur en ingenieurswese), Jongikhaya Nqayi en Yolanda Gqoboka by die bekendstelling van die metro se wykgebaseerde loodgieterprojek. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“AS ons ons sin kon kry, sou ons net ANC-mense in diens geneem het,” het Maria Hermans, speaker van die Nelson Mandelabaai-metro, Vrydag by die bekendstelling van die tweede fase van wykgebaseerde loodgieterdienste gesê.

Dié eerste fase van dié loodgieterdiens, spesifieke daarop gemik om waterverliese deur lekkasies hok te slaan, is al in Desember verlede jaar deur Danny Jordaan, uitvoerende burgemeester, bekend gestel.

Voorsiening is toe vir vyf loodgieters per wyk vir 22 uit die metro se 60 wyke gemaak. Met die tweede fase word dié diens na alle wyke uitgebrei.

“Werwing is egter ’n regverdige proses en ons as ANC het dit wettig gemaak,” het Hermans haar verydelde versugting verduidelik.

Toe het sy die nuut-gekontrakteerdes ernstig toegespreek: “Wanneer julle uitgaan om dienste te lewer, moenie ’n houding inneem nie. Van vandag af moet jy nooit vergeet dat jy ’n diens lewer namens die munisipaliteit nie.

Mense wil nie weet wie jy is nie, hulle wil dienste gelewer hê.”

Hermans het die 300 diens-ambassadeurs en 338 loodgieters daarop gewys dat hulle nie afskeepwerk kan doen nie.

“As julle rapporteer dat julle by tien huise probleme opgelos het en ons vind uit dit was nie so nie, gaan ons met julle afreken.

Jordaan het gesê dié loodgieterprojek is deel van die metro se breër verbintenis tot die herstel van die inwoners se waardigheid

“Sentraal tot hierdie verbintenis is versnelde dienslewering en ’n munisipaliteit wat omgee vir sy mense. Water en sanitasie is een van ons fokus-areas, want water is lewe, sanitasie is waardigheid,” aldus Jordaan.

Andile Mfunda, voorsitter van die komitee oor infrastruktuur en ingenieurswese, het gesê die R2,5 miljoen-projek het nie net werksgeleenthede help skep nie, maar ook vaardigheidsontwikkeling moontlik gemaak.

Hy het bygevoeg dat daar reeds groot welslae met die eerste fase van die projek behaal is.

“Altesaam 20 126 huishoudings is deur die diens-ambassadeurs besoek en 13 876 probleme is opgelos.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.