Maak litte los vir die Makro Bestmed fietstoer

2016-08-17 06:00
Seaman’s Renault/Kia gaan vanjaar 15 diens- en beampte-voertuie verskaf om die ryers se veiligheid te verseker tydens die Makro Bestmed Fietstoer en Pretritte in samewerking met Die Burger. Anriëtte Schoeman is hier besig om haar vir die toer voor te berei op die roete by Seaview.                                                 foto: VERSKAF

Seaman’s Renault/Kia gaan vanjaar 15 diens- en beampte-voertuie verskaf om die ryers se veiligheid te verseker tydens die Makro Bestmed Fietstoer en Pretritte in samewerking met Die Burger. Anriëtte Schoeman is hier besig om haar vir die toer voor te berei op die roete by Seaview. foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Makro Bestmed Fietstoer en Prettrappe op Saterdag 10 September, wat in samewerking met Die Burger aangebied word, gaan vanjaar ’n baie groot geleentheid wees met reuse geluks-trekkings, medaljes en prysgeld op die spel.

Die groter borgskap van Makro, Bestmed en Mecer het dit moontlik gemaak om weer vanjaar ’n volledige bergfietswedren van topgehalte op Sondag 11 September aan te bied.

Voorts span Laerskool Lorraine en NMMU vanjaar saam om die fietsryfees ’n spogge-leentheid the maak. Totem het ook vanjaar groot tot die toer toegetree deur verskeie pad- en bergfietse in geluks-trekkings te borg.

Die toer vorm vanjaar deel van die Bestmed Nasionale Fietsry -reeks en die wedren is vanjaar ook ’n CANSA byeenkoms. Dit beteken dat elke ryer wat aan die wedren deelneem ’n bydrae tot die stryd teen kanker gaan lewer.

Elke ryer wat die 90km en 30km afstand voltooi sal ’n medalje ontvang.

Prettrappers wat vanjaar aan die 1km, 5km en 10km prettrappe deelneem sal ook medaljes ontvang.

Al die deelnemers aan die bergfietswedren, wat vanjaar by Crossways in die Thornhill omgewing plaasvind, sal ook medaljes ontvang. Daar sal ook vanjaar ouderdomskategorie-medaljes en prysgeld in die bergfiets- wedren aangebied word.

Goud, silwer en brons medaljes is op die spel vir die wenners van die verskillede ouderdomskategorieë.

In die bergfietswedren is daar prysgeld op die spel in die 60km wedren en die Skole 20km wedren. Die padwedren oor 90km gaan vanjaar weer oor die pragtige Maitlands klim en langs Seaview gaan.

Die meer onfikse ryers kan aan die 30km wedren deelneem wat heeltemal op ’n plat roete plaasvind.

Daar sal ook prettrappe vir die familie oor 5km en 10km aangebied word asook ’n 1km Kiddies wedren.

Die bergfietswedren bied vanjaar meer afstande aan. Daar sal ’n wedren oor 60km plaasvind asook prettrappe oor 35km, 20km, 12km en die Kiddies 1km.

Seamans Renault gaan 12 diensvoertuie verskaf wat na die veiligheid van die ryers sal omsien.

Die NMMM se verkeerspolisie sal sorg dat alles op die roete ordelik verloop terwyl Sportmans Warehouse weer ryers sal by-staan wat tegniese probleme of lekbande opdoen.

Powerade gaan verseker dat niemand op die roete dors word nie met die drie waterpunte tot beskikking van die ryers.

Daar word weer vanjaar ’n groot fees saam met die toer aangebied. Voedsel- en speelgoed-stalletjies, springkastele, trapkarre, “hotrod” en ’n veteraanmotor-uitstalling asook die Lorraine blaasorkes sal vir groot vermaak sorg.

Ander items wat vanjaar tydens die fees aangebied word is “Paintball”, Bulletjies rugby en netbal. Daar gaan ook ’n biertent wees met drie groot skerm TV’s wat deur Castle Lager geborg word. Hier sal ryers heerlik kan ontspan en die Springbokke in aksie kan sien.

’n Nuwigheid vanjaar is die talentkompetisie wat die Donderdagaand in die skoolsaal plaasvind. Die wenners sal die Saterdag tydens die fees optree.

Die groot trekpleister is die baie en groot geluks-trekkinge. Totem en Makro skenk fietse as pryse. Africa Silks gaan vanjaar sorg vir ’n pragtige sy-duvet ter waarde van duisende rande as prys. Silks Africa Anriëtte velsorg- produkte, geskenk deur Silks Africa, sal ook gewen kan word. Continental het ook bande geskenk as pryse.

Thule is vanjaar aan boord en daar sal baie speelgoed pryse op die spel wees vir die kleinspan.

Nog ’n bonus is dat Super Cycling televisie-dekking aan die byeenkoms gaan verleen.

Meer inligting oor die toer en aanlyn inskrywing is beskikbaar op die www.lorrainecycletour.co.za. Besoek ook die Facebook blad, Makro Bestmed Cycle Tour. Ryers kan ook direk by Laerskool Lorraine, Sportmans Warehouse en al die fiets-winkels in PE en Uitenhage inskryf.

Die eerste groep ryers sal Saterdag om 7vm vanaf Laerskool Lorraine wegspring. Die res van die groepe sal daarna met 5 minute tussenpose wegspring. Vir meer inligting skakel Jenny by 041 367 1125.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.