Marelize Barnard met Pink Pen bekroon

2016-12-14 06:01
Marelize Barnard

Marelize Barnard

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MARELIZE Barnard (47), ’n sekretaresse by ’n regsfirma in Port Elizabeth wat al die afgelope 25 jaar liedjies komponeer, het Saterdag, 26 November, die wêreldkategorie in die eerste Pink Penkomposisiekompetisie gewen.

Dié kompetisie – vir Oos-Kaapse liedjieskrywers – is deur Bay City Sound in samewerking met Luister!FM en AAD Truck and Bus gereël.

Barnard se wenliedjie was “En dan’s daar jy” wat sy 13 jaar gelede geskryf het.

“Dit het my eendag getref hoe negatief so baie dinge in die lewe is. As ’n mens nuus kyk of ’n koerant oopmaak, is daar altyd iets leliks of slegs wat gebeur het, en toe begin my gedagtes gaan na die mense in jou lewe wat al hierdie lelike dinge weer mooi maak en help dat die lewe ’n mooi reis is. Hierdie spesifieke een is geskryf met my vriend, Anton Steyn, in gedagte.”

Barnard het op Luister!FM van die kompetisie gehoor. “Ek het ’n paar liedjies wat ek oor die jare heen geskryf het en het toe besluit om in te skryf en te kyk wat gebeur.

“Ek het vyf liedjies ingeskryf, waarvan twee die eindronde gehaal het – ‘En dan’s daar jy’ en ‘The Secret that I Keep’,” sê sy.

“Dis iets wat uitvloei wanneer ek kreatief voel. Ek is nie seker dat ek die soort skrywer is wat kan gaan sit en ’n liedjie skryf oor ’n voorgeskrewe onderwerp nie.

“So, ek voel iets en dis maar een van die maniere om uitdrukking daaraan te gee,” sê Barnard.

Sy het ook ’n plaaslike kompetisie sowat 20 jaar gelede gewen met die liedjie ‘Harder than it Seems’.

Barnard sê haar familie is baie musikaal.

“My ma het altyd gelag vir die ABBA-liedjie ‘Thank You for the Music’, want sy het altyd gesê ek kon regtig ‘sing long before I could talk’. Dis ook my eerste herinnering. My ma het vir my wiegeliedjies gesing om my aan die slaap te kry. My pa het die mooiste basstem gehad en kon hoendervleis-mooi sing en so ook my ma,” sê Barnard.

Sy het ook in 2015 haar kwalifikasie in drama-onderrig voltooi en gee in haar vrye tyd opvoeringsopleiding en sangles.

“Ek het die laaste drie jaar twee toneelstukke geskryf waarvan albei deur ATKV­Peaat opgevoer is. Dit lyk vir my die skryfding is maar naby aan my hart,” sê sy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.