Meer binnelanders uit ander provinsies besoek die Oos-Kaap

2016-03-09 06:00
 Foto: Grafika 24

Foto: Grafika 24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE aanloklikheid van die Oos-Kaap as toeristebestemming is aan die groei, met R3 miljard wat in 2014 deur Suid-Afrikaanse besoekers aan dié provinsie bestee is.

Dit luidens die Oos-Kaapse toerismebarometer vir 2015, ’n verslag wat deur die provinsiale departement vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme saamgestel is.

Luidens dié verslag het Suid-Afrikaanse reisigers nagenoeg 3,2 miljoen besoeke na die provinsie onderneem, wat 1,2 miljoen meer is as in 2013.

Dit plaas die Oos-Kaap in die sesde plek van gewilde provinsies vir binnelandse reise, en agtste wat internasionale besoekers betref.

Dié provinsie het gesorg vir 4,4% van die meer as 9,5 miljoen internasionale besoekers wat Suid-Afrika in 2014 besoek het.

Gauteng het die meeste besoekers gehad met 49,4%, gevolg deur die Wes-Kaap (18,6%) en Mpumalanga (14,1%).

Die 304 888 buitelanders wat die Oos-Kaap besoek het, het nagenoeg R2,4 miljard bestee en ’n gemiddelde tydperk van 9,5 dae vertoef. Baie van dié besoekers was van Duitsland (15,4%), Brittanje (14,7%) en Amerika (12,7%).

Dié statistieke sal die Oos-Kaap help om “die gebiede waar hy swakker presteer, soos toegang vir internasionale reisigers,” te evalueer, het Sakhumzi Somyo, LUR, gesê. “Die barometer moet gevier word as die begin van intelligenter besluitneming in die Oos-Kaapse toerismebedryf,” het Somyo gesê. – MEDEWERKER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.