Merryvale vier 60ste bestaansjaar met gholfdag

2016-08-10 06:00
Agter, van links, is Charles Smith, President van die Walmer Celtic Golf-vereniging, Paul Hand, voorsitter van die vereniging, Mario Engelbrecht, skoolhoof van Merryvale en Joe Rossouw, sekretaris van die vereniging. In die middel is Lulonke Nomande, Kay Jacobs, Jonela Jafta en Matthew Welcome. Voor is Rachael Hand, Jessica Beckett en Ziggy Jooste.        Foto: ANIKA DE BEER

Agter, van links, is Charles Smith, President van die Walmer Celtic Golf-vereniging, Paul Hand, voorsitter van die vereniging, Mario Engelbrecht, skoolhoof van Merryvale en Joe Rossouw, sekretaris van die vereniging. In die middel is Lulonke Nomande, Kay Jacobs, Jonela Jafta en Matthew Welcome. Voor is Rachael Hand, Jessica Beckett en Ziggy Jooste. Foto: ANIKA DE BEER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIR Merryvale Spesiale Skool in Port Elizabeth is 2016 ’n besonderse jaar.

Hierdie jaar merk hul 60ste bestaansjaar wat hulle met trots vier.

Alhoewel dit ’n fantastiese mylpaal is wat hulle bereik het, is dit nie al wat 2016 ’n opwindende jaar maak nie.

Die Walmer Celtic Gholf-vereniging het besluit om iets spesiaal vir die skool te doen deur ’n gholfdag te reël en alle fondse wat ingesamel word, aan die skool te skenk.

Paul Hand, voorsitter van die vereniging, het gesê dat hulle nog nooit vantevore so iets pro-beer het nie en dat 2016 die jaar was om ’n verskil te maak.

“Dit was ons klub se kaptein, Grant Smith, wat met die idee vorendag gekom het om ’n dag vir liefdadigheid te reël en, omdat hy weet dat my dogter in die skool is, het hy my gevra om saam met die skool te werk,” sê Hand.

Die skool akkommodeer tans meer as 300 kinders, tussen 6 en 18 jaar. Die meerderheid van hierdie leerders kom uit ’n minderbevoorregte agtergrond, en kan nie altyd die nodige toerus-ting bekostig nie.

Die skool het altyd ’n nood vir toerusting of opgeleide onderwysers, dus is die gholfdag ’n ideale geleentheid wat ook die gemeenskap betrek.

“Ek wil eendag graag gholf deel maak van die skool se sportprogram. As ons net een goeie gholfspeler daaruit kry, sal dit die moeite werd wees,” sê Hand.

Die gholfdag-spelers gaan in die Amerikaanse “Scramble” formaat speel. Dit beteken dat al die spelers hulle houe gaan slaan by elke gat en, nadat hulle besluit het watter hou die beste was, slaan hulle die tweede hou van daardie bal se posisie af.

Die koste is R1 000 vir ’n 4-bal wedstryd of R250 per speler. Hand het bygevoeg dat dona-sies in die vorm van geld of pryse ook welkom is.

Daar is een spesifieke gat waar spelers die geleentheid sal kry om in ’n rolstoel te speel.

“Dit is om bewustheid te skep oor die uitdagings wat gestremde persone moet deurgaan,” het Hand gesê.

Die gholfdag sal op 21 Augustus by die PE Gholf Klub in Millpark plaasvind. Dit sal om 7:30vm. begin tot 5nm.

Vir meer inligting, kontak Joe Rossouw by 082 879 5769 of walmercelticgolf@gmail.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.