Metro begroot om biblioteke op Saterdae oop te kry

2017-02-15 06:02
Siyasanga Sijadu, burgemeesterskomiteelid vir sport, ontspanning, kuns en kultuur.  Foto: Roslyn Baatjies

Siyasanga Sijadu, burgemeesterskomiteelid vir sport, ontspanning, kuns en kultuur. Foto: Roslyn Baatjies

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS se klagtes oor biblioteke in die Nelson Mandelabaai-metro wat oor naweke gesluit is, het nie op dowe ore geval nie.

As die metro se begroting dit toelaat, sal oortyd aan biblioteekpersoneel betaal word sodat biblioteke langer oop kan bly. Vakante poste sal ook gevul word.

Die metro se biblioteke is sedert 2009 toe op Saterdae omdat personeel geëis het om vir werk op dié dae betaal te word.

Siyasanga Sijadu, burgemeesterskomiteelid vir sport, ontspanning, kuns en kultuur, het in haar verslag aan die burgemeesterskomitee gesê biblioteke voldoen nie aan gemeenskappe se behoefte aan inligting en ontspanning nie, weens ’n uitgerekte arbeidsdispuut.

“ ’n Nuwe voorstel vir skofte is dus gemaak sodat biblioteke se deure van Maandag tot Donderdag tot 6nm oop kan bly, tot 5nm op Vrydae en tot 12nm op Saterdae.

“Die skofstelsel kan ingestel word as die vakante poste vir toonbankpersoneel gevul word.”

Luidens die verslag het alle biblioteke in die metro vakante poste, en 18 biblioteke het geen toonbankpersoneel in diens nie.

Die staande komitee oor sport, ontspanning, kuns en kultuur beveel aan dat personeel op kort termyn teen ’n koste van R424 176 per jaar oortyd betaal word, maar dat die oortyd per werknemer nie agt uur per maand moet oorskry nie.

’n Bykomende aanbeveling is dat R200 000 goedgekeur word vir oortyd van Maart 2017 tot Junie 2018, en dat die volle bedrag daarvoor in die bedryfsbegroting van 2017-’18 bewillig word.

Die komitee beveel ook aan dat 35 vakante poste teen ’n koste van R6,7 miljoen gevul word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/Sport
 

Chocolate can be fatal for dogs

Chocolate contains a substance called theobromine that is similar to caffeine and is toxic to dogs at certain levels.

 
 

Paws

Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Watch: Proof animals have souls
Would you clone your pet?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.