Mnr. Campbell groet ná 42 jaar

2016-03-23 06:00
Die Laerskool Sanctor se leerders het vinnig nadergestaan vir ’n laaste drukkie van hul skoolhoof, Robbie Campbell, wat ná 42 jaar aftree. Agter van links is Caylynn Barends, Chloë Connelly, Anastacia Goeda en Donay Billet. Middel van links is Nour el Deen Hassan, Treseguet Plaatjies, Taahirah Julies en Robin-Lee Neff. Voor van links is Naziem Green, Cuan Bosman, Ashlon Marsh en Kiara van der Westhuizen.  Foto: WERNER HILLS

Die Laerskool Sanctor se leerders het vinnig nadergestaan vir ’n laaste drukkie van hul skoolhoof, Robbie Campbell, wat ná 42 jaar aftree. Agter van links is Caylynn Barends, Chloë Connelly, Anastacia Goeda en Donay Billet. Middel van links is Nour el Deen Hassan, Treseguet Plaatjies, Taahirah Julies en Robin-Lee Neff. Voor van links is Naziem Green, Cuan Bosman, Ashlon Marsh en Kiara van der Westhuizen. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ROBBIE Campbell (64), hoof van Sanctor Primêr in Gelvandale, het verlede week ná 42 jaar se harde werk in die onderwys afgetree, maar dit beteken egter nie hy gaan nou agteroor sit nie.

“Stilsit gaan ek nie, nee, definitief nie,” het Campbell, wat mymerend die rye en rye foto’s in die een skoolgang staan en bekyk het, gesê. “Ek beplan onder meer om betrokke te raak by die kerk en meer tyd met my familie deur te bring.”

Campbell, gebore in 1952 in Graaff-Reinet, het in 1960 na Schauderville, Port Elizabeth, verhuis. In 1971 is hy Kaapstad toe om sy onderwysstudies aan die Moederstad se opleidingskollege te begin en sy vierde opleidingsjaar het hy aan die Dower-opleidingskollege in die Baai voltooi.

Hierna het hy as liggaamlike opvoedkunde-onderwyser by die Laerskool Republiek in die Baai se noordelike voorstede ingeval en ’n paar jaar daarna is hy oor na Sanctor Primêr waar hy natuurwetenskap-onderwyser was. Later het lewensoriëntering bygekom.

“Ek het net goeie herinneringe van albei skole – ek kon myself uitleef as onderwyser. Daniel Anthony, die vorige hoof van die Laerskool Republiek, het ook ’n besonderse goeie verhouding met die res van die personeel gehad. By hom kon ek ook die belangrike aspekte van goeie leierskap leer,” het Campbell gesê.

Hy trek sy rooi das reg, haal diep asem en sê toe: “Vorige jare se onderwysstelsel was baie beter as vandag s’n. Maar vir my was dit altyd ’n voorreg om skool toe te kom en die leerders aan hul toekoms te help bou.”

Oor die groter uitdagings in vandag se onderwysstelsel merk hy vol vertroue op: “Die Laerskool Sanctor se personeel is geestelik sterk, hulle is ’n sterk span. Ek het volle gemoedsrus dat hulle die skool se hoë geestelike moraal sal behou.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.