‘Musiek laat kinders van vals note in hul lewens vergeet’

2016-01-13 06:00
Hier wys Venita van Wyk, stigter van die Noordelike gebiede se organisasie vir skoolkore, leerders van die Dr. A.W. Habelgaarn Primêre Skool in Bloemendal hoe om hul vingers op die maat van musiek te klap. Regs voor is Lache-Lee Sauls en Wendy Pokpas

Hier wys Venita van Wyk, stigter van die Noordelike gebiede se organisasie vir skoolkore, leerders van die Dr. A.W. Habelgaarn Primêre Skool in Bloemendal hoe om hul vingers op die maat van musiek te klap. Regs voor is Lache-Lee Sauls en Wendy Pokpas

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VENITA Van Wyk (40) se naam is sinoniem met koorsang. Van Wyk, stigter van die Baaise Noordelike gebiede se organisasie vir skoolkore (Nasco), deel haar geheime oor hoe sy “toor” met kinderstemme met Roslyn Baatjies.

Sy is ’n ma, onderwyseres (en was selfs op haar dag ’n vlugbal-skeidsregter), maar koorsang bly maar haar voorste passie.

“Ek het in ’n musikale familie grootgeword, waar my oupa aan moederskant in Loerie viool gespeel het, my ouma gesing het en my ma en tannies ook deel van die kerkkoor was,” vertel sy.

“Só het ek met die kerksingery grootgeword. In ons kerk in Bloemendal, waar ek ook grootgeword het, was my ma die junior koorleier en was koorsang onlosmaaklik deel van my lewe.’’

Van Wyk self het in haar matriekjaar koorleier in die Congregational Kerk in Chatty in die noordelike voorstede van die Baai geword.

“Ek het die normale tienerlewe vaarwel toegeroep. Dit was koor in die oggend, koor in die middag en koor in die aand,’’ spot sy.

Dié ma van drie het seker gemaak dat sy lewe blaas in elke skoolkoor waarby sy betrokke was.

By die Laerskool Hantam in die Noord-Kaap asook die Despatch Primêre Skool in die Oos-Kaap, waar sy tot onlangs nog onderwyseres was, is talle kinderstemme juis deur haar vernuf ontwikkel.

“ ’n Koor is die hartklop van ’n skool. Musiek laat kinders van die vals note in hul lewens vergeet. Baie kom uit gebroke huise en in die koor kan hulle vir ’n ruk lank van alles vergeet, mooi lyk vir ’n rukkie en aandag en drukkies kry wat hulle normaalweg nie sou kry nie,” vertel sy.

Die Despatch- Primêre skoolkoor het juis onder haar leiding een prys ná die ander ingeryg. Dié koor is ook onder meer sedert 2010 die Oos-Kaapse top-koor in die ATKV Applous-korekompetisie.

Haar koordroom het egter nie hiér geëindig nie.

“Terwyl die Hantamkoor oral in Suid-Afrika opgetree het en selfs voor ministers en oudpres. Thabo Mbeki hul stemme ten toon gestel het, het ek bly dink: my eie mense by die huis het my nodig. Bloemendal het my nodig. Só het die Noordelike gebiede se organisasie vir skoolkore (Nasco) tot stand gekom.”

Nasco bestaan uit sowat 310 koorlede van verskeie laer- en hoërskole in die Baai, Uitenhage en Despatch en is juis daar om kinders uit behoeftige gemeenskappe aan koorsang bloot te stel. Talle skoolkoordirigente ontvang ook opleiding onder hul vaandel.

Die jongste ontwikkeling is egter die Nasco-sangensemble vir gr. 7-leerders wat as bousteen vir ’n jeugkoor in die noordelike voorstede sal dien.

Hoewel Van Wyk vir eers die klaskamer groet en binnekort ’n pos as verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie gaan beklee, klop haar hart steeds warm vir die jeug.

“Ek is steeds ’n onderwyser, maar gaan dinge net uit ’n ander hoek benader. In dié bedryf – uit watter oord ook al – is die welstand en toekoms van ons kinders steeds die belangrikste.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.