KYK: Niksdoen ná aftrede op skoolhoof se agenda

2017-08-30 06:00
Hermé Zietsman, hoof van die Westview-skool, tree einde vandeesmaand af. Hy vertel laggend dat hy onlangs op kaartjies en ’n matriekafskeidfoto van homself afgekom het.

Hermé Zietsman, hoof van die Westview-skool, tree einde vandeesmaand af. Hy vertel laggend dat hy onlangs op kaartjies en ’n matriekafskeidfoto van homself afgekom het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is mal oor Tom and Jerry en is ’n “blommeman”. Ná sy aftrede op 31 Augustus gaan hy niks doen nie totdat hy anders besluit, sê Hermé Zietsman (63), skoolhoof van die Westview-skool in Port Elizabeth.

Zietsman, wat 20 jaar lank Westview se hoof was, sê hy wil graag boer, want hy het op ’n plaas in die Mosselbaai-distrik grootgeword.

“My ma was ’n onderwyseres by die plaasskool. Sy het toe ek uit die weermag kom vír my besluit dat my pa met die boerdery aangaan, maar ek gaan swot.

“Sy het my toe by die Paarl Onderwyskollege ingeskryf en dit is waar my onderwysloopbaan begin het.”

Zietsman het by die Hoërskool Pearson in Somerstrand begin skoolhou.

“Ek was ’n jaar daar en kon glad nie Engels praat nie. Die skoolhoof het toe vir my die Engelse matriekklas gegee vir houtwerk.

“Ek glo dit was om my te straf, maar ek is vandag so bly dat hy dit gedoen het. My ooreenkoms met hulle was dat hulle my leer Engels praat en ek sou hulle Afrikaans leer praat en hulle deur matriek sit,” vertel hy in sy kantoor waar daar oral motiveringsaanhalings aangebring is.

Hy het daarna vir ’n vakante pos by Westview as plaat- en metaalwerkonderwyser aansoek gedoen. Hy het later departementshoof en adjunkhoof geword en is in 1997 as skoolhoof aangestel.

Zietsman is passievol oor leerlinge met spesiale leerbehoeftes waarvoor die Westview-skool voorsiening maak.

“Die skool was een van nege sulke skole in die destydse Kaapprovinsie. Ná 1994 was daar in die Oos-Kaap net drie van hierdie skole en die lelike storie is dat ons steeds net drie skole is.

“Dit was vir die leerlinge wat nie kon cope in die hoërskool nie weens maatskaplik-ekonomiese en baie ander omstandighede.”

Zietsman sê die skool is daar om vir die leerling ’n vaardigheid te leer.

“Ek dink ons het genoeg Boeing-vlieëniers in die land, dokters, advokate en prokureurs, maar het ’n ongelooflike agterstand aan vaardighede.

“Die kinders kom by ons aan met ’n ongelooflike swak selfbeeld. As ons in die drie jaar ’n verskil kan maak in die leerlinge se selfbeeld en hulle gaan hier weg om met selfvertroue in ’n werksplek te stap, dan is dit die pragtige cherry op die koek.”

Een van Zietsman se hoogtepunte in sy loopbaan is die skool se transformasiegerigtheid.

“In 1994 was ons so 450 leerlinge. En vanaf 1997 het ek probeer om die skool te transformeer en vandag staan ons op 731 leerlinge.

“Die grootste uitdaging was om te bevestig dat daar net een kleur by Westview is; die Westview-kleur. Ek het geen wit, bruin, swart, geel, pienk of pers leerlinge nie. Hier is net leerlinge en net onderwysers in my skool.”

Zietsman het nie raad vir sy opvolger nie omdat elke hoof sy eie visie het.

“Die nuwe hoof moet net in noue kontak met die onderwysdepartement bly en as jy nie na Bo kyk vir hulp nie, moet jy eerder nie by die deur instap nie.”

Hy sê almal vra wat hy ná 31 Augustus gaan doen, maar hy het besluit hy gaan niks doen nie.

“Ek gaan absoluut niks doen nie. En as ek die niks in een dag nie klaar kry nie, dan gaan ek die volgende dag aan daarmee.

“En as ek oor ’n week sien ek is nog nie klaar nie, sal ek begin boekhou van al die ‘nikse’ totdat ek moeg is vir niksdoen en dan sal ek vir my iets kry om te doen,” skerts hy.

Zietsman, wat vier dogters en vier kleinkinders het, sê hy dink hy sal ’n professionele reisiger word.

“Ek is lief vir reis, beeldhou, skilder en hou van musiek maak.

“Ek is mal oor Tom and Jerry, want hulle is nie eendag dieselfde nie. As ek rêrig wil ontspan, kyk ek Tom and Jerry.”

Zietsman is ook lief vir blomme.

“Ek kan nie operate sonder blomme om my nie. Dit bring ’n rustigheid in my.”

Wat gaan hy die meeste mis?

“My personeel, want leerlinge kom en gaan. Personeel bly.”

Hy is vasbeslote dat hy nie op 1 September by die skool sal opdaag nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.