NMB slyp jong werkloses se sakevernuf

2017-03-22 06:04
Andrew Whitfield

Andrew Whitfield

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WERKLOSE jongmense in die Nelson Mandelabaai Metro se entrepreneursvaardighede gaan binnekort geslyp word danksy ’n vennootskapsooreenkoms tussen die munisipaliteit en Coca-Cola Bottling South Africa (CCBSA).

Die munisipaliteit se staande komitee oor ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou het verlede week Dinsdag die aanbeveling vir dié ooreenkoms ondersteun.

Kragtens die ooreenkoms gaan 45 werklose jongmense van Motherwell in Port Elizabeth en Uitenhage aanvanklik by die jeug-entrepreneursprogram baat vind.

Andrew Whitfield, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, het gesê die direktoraat het entrepreneurskap en die bevordering van kleinsake as ’n katalisator vir ekonomiese groei en ontwikkeling geprioritiseer.

“Die direktoraat het samesprekings met CCBSA gehad oor moontlike ondersteuning en samewerking met die doel om jong entrepreneurs te bemagtig,” sê Whitfield.

Hy het benadruk dat die program ’n geleentheid is – en nie ’n toelaag nie – om werkloosheid onder jongmense te verminder.

“Benewens vaardigheidsontwikkeling, gaan die program ook geleenthede bied vir toegang tot finansiering en vir die jeug om eienaars van ondernemings te word.”

Die program is daarop gemik om werklose jongmense in entrepreneurs te laat ontwikkel deur ontwikkelingsopleiding vir entrepreneursvaardighede, sake-ontwikkelingsondersteuning en hulp met die vestiging van hul eie spazas.

Die jongmense moet aansoek doen vir deelname aan die program. Die deelnemingsproses sal identifisering, keuring en plasing deur CCBSA en sy instellingsvennote insluit om die winkels te bestuur.

Die jongmense sal in April vanjaar gewerf word en die program begin in Mei.

Radio-onderhoude en koerantartikels sal onder meer die maniere van werwing insluit waarna die kandidate psigometries geëvalueer sal word. Hul verkoopsvermoë sal ook geëvalueer word.

Die identifisering van plekke vir vraghouers vir die spazas is die laaste stap voordat die program begin.

Die 45 deelnemers sal mentors kry en moet ook ’n kontrak met die CCBSA onderteken.

Die program sal in Junie 2018 in ander gebiede ingestel word.

Dié aanbeveling sal by die volgende metroraadsvergadering ter tafel gelê word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.