‘NMBM moet water nóú bespaar’

2016-05-18 06:00
Die Nelson Mandelabaai-metro moet dringend waterbeperkings instel in opdrag van die provinsiale departement van water en sanitasie.   Foto: CONRAD BORNMAN

Die Nelson Mandelabaai-metro moet dringend waterbeperkings instel in opdrag van die provinsiale departement van water en sanitasie. Foto: CONRAD BORNMAN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) moet dringend waterbeperkings toepas.

Dié opdrag kom van die provinsiale departement van water en sanitasie en geld vir stedelike en nywerheidsgebiede.

Die NMBM het al in Maart vanjaar opdrag gekry om 15% beperkings in te stel, maar het gevra dat dit heroorweeg word.

Die departement het egter in April die metro se voorlegging hieroor verwerp.

Volgens die voorlegging, onderteken deur Johann Mettler, waarnemende stadsbestuurder, het die metro se waterverbruik skerp gestyg weens onder meer die skuif van sowat 10 000 gesinne van informele na formele behuising. Dit het glo tot ’n sewevoudige toename in waterverbruik gelei.

Mettler het ook onaanvaarbare hoë waterverliese, baie hoër temperature – veral in die afgelope ses maande – en die gebrek aan finansiering wat die Nooitgedachtprojek vertraag as faktore vir die hoë verbruik uitgelig.

Maar volgens Andrew Lucas, waarnemende hoof van die provinsiale departement, verteenwoordig die verskuiwing van die 10 000 gesinne na nuwe huise slegs 4% van die stad se waterverbruik, en nie sewevoudig soos deur die NMBM beweer word nie.

Die “baie swak verklaring” deur die NMBM dat hulle waterbeperkings – wat al ’n jaar lank agterstallig is – sal toepas, is glad nie oortuigend nie, het Lucas bygevoeg.

“Die metro het reeds die toekenning vanuit hierdie damme binne die bestek van nege maande oorskry, en daar is nog ’n volle drie maande van hierdie waterjaar oor. Dit bedreig die bestaan van ander gebruikers, soos die landboubedryf, wat ook afhanklik is van die Kouga- en Mpofuskemas,” aldus Lucas.

Kupido Baron, woordvoerder van die NMBM, het bevestig dat die metro ’n kennisgewing ontvang het. Hy het gesê samesprekings tussen die departement en NMBM se-nior bestuur sal vandeesweek plaasvind.

Die departement het ook gesê hy gaan die Gamtoos-besproeiingsraad versoek om geen water uit die Kougadam na die Loeriedam vry te laat voordat die NMBM goedkeuring gekry het vir bykomende tydelike toekennings nie.

Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Gamtoos-besproeiingsraad, het gesê hy het nog nie so ’n versoek van die departement ontvang nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.