NSRI ná 50 j. ‘veel meer as organisasie wat mense red’

2017-08-30 06:00
< Die NSRI se 50ste bestaansjaar is die afgelope naweek in Port Elizabeth gevier. Vuyolethu Zodani (voor) van die NSRI, Ian Gray (middel), die plaaslike NSRI-bevelvoerder, en Athol Trollip, burgemeester van die Baaise metro, het ’n pretrit tydens die bestaansvieringe op die see geniet. Foto: Charles Pullen

< Die NSRI se 50ste bestaansjaar is die afgelope naweek in Port Elizabeth gevier. Vuyolethu Zodani (voor) van die NSRI, Ian Gray (middel), die plaaslike NSRI-bevelvoerder, en Athol Trollip, burgemeester van die Baaise metro, het ’n pretrit tydens die bestaansvieringe op die see geniet. Foto: Charles Pullen

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HULLE sal vir die volgende 50 jaar hard werk om eendag nie meer nodig te wees nie, sê die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Elizabeth.

“Ons is lankal nie meer net ’n organisasie wat mense in moeilikheid in die see red nie,” sê Ian Gray, NSRI-stasiebevelvoerder in die Baai.

Hy het die afgelope naweek op dié vrywilliger­organisasie se halfeeubestaansvieringe in die stad gepraat.

“Die NSRI is hier om mense ook oor waterveiligheid op te voed, in so ’n mate dat ons hoop ons dienste sal eendag nie meer benodig word nie.”

’n Spesiale ope dag is die afgelope naweek ter viering van hul 50ste bestaansjaar by hul “kantoor” in die Baaise hawe gehou.

“Ons wou graag vir die publiek wys wie en wat ons is, asook om hulle vir die lojale ondersteuning oor die jare te bedank,” sê Gray.

Die span het hul vaardighede ten toon gestel en gewys hoe hul toerusting gebruik word.

“Natuurlik was daar ook familielede van vorige slagoffers wat ons al gered het. Dit is goed om te sien hoe hulle met hul lewe voortgaan.”

Gray, wat hom 35 jaar gelede by die NSRI aangesluit het, beman die kantoor in Port Elizabeth al bykans 20 jaar. Hy sê baie het oor die jare verander.

“As ek terugdink aan die beginjare, was ons ’n span mense wat net geweet het hoe om ’n boot aan die gang te hou en mense in die see te gaan red.

“Vandag is dit veel meer georganiseerd. Ons gee ook bystand tydens natuurrampe en doen baie uitreikprogramme vir waterveiligheid.”

Hy sê luidens hul nasionale rekords het die NSRI oor die afgelope 50 jaar bykans 50 000 mense gered.

“Ons toekomsplanne behels om op meer plekke te wees, wat beteken ons beplan om ’n paar satellietkantore te open, aangesien ons voel daar is steeds groot dele langs die kus wat onbeman is.”

Een so ’n kantoor is onlangs in Rocky Bay in KwaZulu-Natal geopen.

In die Oos-Kaap word moontlike kantore vir Cannon Rocks, Noordhoek en iewers tussen Port Elizabeth en Port Alfred beplan.

“Die NSRI is ook in die proses om agt nuwe reddingsbote aan te koop. Dié bote sal nuwe tegnologie hê en ook ‘groener’ wees,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.