NVG bedank vir sukses teen bendemisdaad

2017-03-29 06:02
Lt.kol. Mike Grobler, hoof van die Oos-Kaapse bende-ondersoekeenheid, saam met adv. Indra Goberdan (middel), adjunkdirekteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap, en genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, by die danksegging­seremonie.Foto: CARA-LEE DORFLING

Lt.kol. Mike Grobler, hoof van die Oos-Kaapse bende-ondersoekeenheid, saam met adv. Indra Goberdan (middel), adjunkdirekteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap, en genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, by die danksegging­seremonie.Foto: CARA-LEE DORFLING

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MEER as 360 vermeende bendelede is die afgelope 11 maande in Port Elizabeth se bendegeteisterde gebiede aangekeer.

Uit die altesame 364 inhegtenisnemings is 33 bendelede reeds skuldig bevind en saam 529 jaar gevangenisstraf en sewe lewenslange vonnisse opgelê.

“Die sukses wat ons as polisie teen die bendes behaal, is danksy die harde werk wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) bydra om die skuldigbevindings en vonnisse te verseker,” het lt.kol. Mike Grobler, hoof van die provinsiale bende-ondersoekeenheid, verlede week gesê.

Grobler en genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, het die NVG met ’n seremonie vir hul samewerking bedank.

Adv. Indra Goberdan, adjunkdirekteur van openbare vervolging in die provinsie, het erken dat sy ’n jaar gelede benoud geraak het toe die minister van polisie haar aansê om ’n span saam te stel wat op bendeverwante hofsake moet fokus.

“So baie mense het op die woord bendes net nee gesê. Dit is verstaanbaar, maar ek het ook nie baie tyd gehad om die span bymekaar te bring nie,” sê Goberdan.

Oplaas het sy twee advokate gekry wat heeltyds bendeverwante hofsake behartig, en nóg twee wat tussen hul ander hooggeregshofsake tyd maak om die bendeverwante sake te hanteer.

“My span werk baie meer as die 9-tot-5-werksure. Hulle hanteer elke getuie en verdagte met respek, want hulle verstaan dat ’n verdagte in een saak dalk môre ’n getuie in ’n ander saak is.

“Maar daarby moet ek ook noem dat die bende-eenheid ons werk ook vergemaklik met hul uitstekende ondersoekwerk en die ure wat hulle bereid is om saam met ons aanklaers in konsultasie te bestee,” sê Goberdan.

Siganga het op haar beurt ook benadruk dat die afgelope jaar se sukses nie sonder ’n multidissiplinêre benadering van eenhede moontlik sou wees nie.

“Ek het in die bendegeteisterde gebiede gesien hoe bendelede vir hul misdadige optrede verafgod word. Daarom raak die getuies soms min, of ’n vuurwapen as bewysstuk word versteek en die saak teen die beskuldigdes lyk swak. Maar deur konsultasie en advies van uitstekende aanklaers is ons besig om die oorlog te wen, veral wanneer gekyk word na hoeveel bendelede skuldig bevind en gevonnis is.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.