Om verskil te kan maak, is ‘beter as lof’

2016-03-09 06:00
Dr. Sharon Townsend, departementshoof vir neurale en praktiese fase by die Merryvale Spesiale Skool in Mangoldpark, saam met twee van haar leerders.  Foto: WERNER HILLS

Dr. Sharon Townsend, departementshoof vir neurale en praktiese fase by die Merryvale Spesiale Skool in Mangoldpark, saam met twee van haar leerders. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE glimlagte op haar leerders se gesigte as ’n mens haar klaskamer binnestap, spreek boekdele: dié juffrou is bobaas.

Dr. Sharon Townsend van die Baaise Merryvale Spesiale Skool is juis die afgelope naweek bekroon as die departement van basiese onderwys se beste onderwyser in spesiale behoeftes en inklusiewe onderrig.

Al is die pryse wat sy hier losgeslaan het beslis iets om oor huis toe te skryf, verruil sy dit egter “enige dag vir die geleentheid om ’n verskil in haar leerders se lewe” te maak.

Townsend, hoof van Merryvale se departement neurale en praktiese fase, is al 20 jaar by dié skool. Tussen skoolhou deur is sy ook dosent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se onderwysfakulteit, waar sy haar kennis met ander leerkragte in die Oos-Kaap deel.

“Ek dink dit neem ’n spesiale soort onderwyser om aan ’n leerder met spesiale behoeftes gehalteonderrig te kan gee,” het dié ma van twee gesê.

“My navorsing vir my meestersgraad in spesiale onderrig was juis om ander onderwysers toe te rus met kennis oor hoe om met leerders met spesiale behoeftes te werk, maar veral hoe om só ’n leerder te kan identifiseer.

“Ek dink baie leerders met spesiale behoeftes gaan dikwels verlore in die hoofstroom omdat nie almal goed genoeg ingelig is nie.”

Townsend het self die vorige dekade in die onderwys in ’n hoofstroom-klaskamer deurgebring.

Sy het sedert haar eerste skooldag geweet dat sy onderwyseres wil word. “Ek het ook geweet dat ek iewers ’n verskil wou maak. My ingeboude empatie – soos dié van elke onderwyser by Merryvale – is saam met my loopbaan ’n perfekte kombinasie hiervoor. Hier kan ek my passie uitleef.

“Die beste oomblikke, natuurlik, is as ek ’n kind kan leer om ’n tandeborsel vas te hou wat dit voorheen nie kon doen nie. Of as die leerders al die kleure en syfers leer ken,” het sy gesê.

Vir haar kollegas is dié prys welverdiend, omdat Townsend “so ’n besonderse mens is”. Vir haar behoort die trofee juis aan húlle, haar bestuurders en haar gesin.

“Ons skoolhoof en bestuurders laat ons toe om kreatief onderrig te gee en is ondersteunend. My kollegas is die heel beste wat enige leerder ooit voor kon vra. En my man, Craig, is die ruggraat van my sukses.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.