Ooreenkoms tussen Bayworld en Oos-Kaap binnekort onderteken

2016-06-08 06:00

TWAALF jaar nadat die volhoubaarheidstudie, ontwerp en sakeplan vir die ontwikkeling van die Bayworld-museumkompleks (wat die oseana­rium insluit) gedoen is, behoort die diensvlakooreenkoms tussen Bay­world en die Oos-Kaapse regering teen Vrydag onderteken te word.

Anele Qaba, uitvoerende direkteur van die metro se komitee vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, het verlede week op ’n komiteevergadering gesê die ooreenkoms is reeds opgestel.

“Ons het oor sekere wetsaspekte in die ooreenkoms uitsluitsel gekry. Die onderteken-ing sal nie later as aanstaande Vrydag gedoen word nie. Die munisipaliteit sal daarna die projek aan die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap (MBDA) oorhandig.”

Volgens hom sal daar ook behoorlike raadpleging met die Baaise publiek wees, waarna die benodigde finansiering bepaal sal word.

Die provinsiale wetgewer het dit goedgekeur dat die ontspanning-en-oseanarium-gedeelte van Bayworld deur die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit vir projekbestuur en herontwikkelingsdoeleindes gebruik word.

Die grond waarop Bayworld staan, is die munisipaliteit se eiendom, maar die gebou en inhoud behoort aan die Oos-Kaapse regering.

Die munisipaliteit se planne vorentoe is om die ooreenkoms te laat onderteken, die volhoubaarheidstudie en sakeplan by te werk en finansiering te finaliseer.

  • Intussen is op die komiteevergadering te kenne gegee dat sake op koers is dat Sentraal die metro se tweede spesiale belastinggebied (SRA) sal wees. Richmond Hill is die eerste.

’n SRA kom daarop neer dat huiseienaars ’n bykomende belastingtarief vir unieke dienste (soos verskerpte veiligheid asook plantegroei- en sypaadjie-instandhouding) in hul woongebied betaal. Dié bedrag gaan nie in die munisipale koffers nie, maar word aan die SRA-komitee oorbetaal vir die lewering van woongebied-eie dienste.

In ’n voorlegging aan die metro se komitee vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou het die MBDA se bedryfsbestuurder, Mcebisi Ncalu, gesê die voorgestelde SRA-grens is Russellweg (noord), Rinkstraat (oos), Cuylerstraat/Gordon Terrace (suid) en Strandstraat (wes).

Twee openbare vergaderings is gehou waarvan die tweede baie goed deur inwoners bygewoon is, het Ncalu gesê.

Zukile Jodwana, die komiteevoorsitter, het die belangrikheid van Sentraal se toekomstige SRA-status beklemtoon.
“Wanneer ek na Parlementstraat kyk, is dit hartseer dat dit nie lyk soos ons dit wou hê nie. Soos dit nou lyk, was dit nie die geld vir die opgraderingswerk werd nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.