Oos-Kaap mik vir hoër slaagsyfer

2016-10-26 06:00

ALLE oë is op die Oos-Kaapse matrieks in die hoop dat dié groep die provinsie uit die “laagste slaagsyfermodder” sal help trek.

Talle leerlinge het Maandag vir die eerste vraestel van die nasionale eindeksamen aangesit vir uitheemse taalvakke soos Latyns, Grieks en Duits.

Mali Mtima, provinsiale woordvoerder oor onderwys, sê dié departement het vanjaar sy oog op ’n slaagsyfer van niks minder as 70% nie.

Die provinsie het egter vir die afgelope drie jaar sy visier op dié syfer gehad, maar elke keer minder behaal.

In die 2015-eindeksamen is ’n slaagsyfer van slegs 56,8% behaal – die laagste in ses jaar – wat die Oos-Kaap boonop heel onder op die lys van provinsiale slaagsyfers geplaas het.

“Ons het die afgelope paar jaar gehoop vir 70% en dit nie behaal nie, maar niks keer ons om ons oog op dié syfer te hou nie,” sê Mtima.

“Ons wens alle matrikulante sterkte toe en vra dat hulle niks minder as hul beste lewer nie. Alle oë is nou op hulle gerig.”

Dinsdag was die tweede vraestel van die uitheemse taalvakke wat Maandag geskryf is, afgelê, terwyl die derde vraestel in dié vakke vandag geskryf word.

Vandag skryf die matrieks ook hul eerste Engelse vraestel en môre en Vrydag word die groot “syferkanonne”, Rekeningkunde en die eerste Wiskundevraestel, onderskeidelik, geskryf.

Mtima sê die aantal voltydse leerlinge wat vir vanjaar se eksamen aansit, is 94 928 – byna 3000 meer as die vorige jaar.

Onafhanklike hoofopsieners is ook by dié eksamensentra waar daar tydens die 2014- en 2015-eindeksamens ongerymdhede, insluitend kullery, aangemeld is, aangestel.

“Alle distriksamptenare en die onafhanklike opsieners is deur die provinsiale kantoor opgelei,” verduidelik Mtima. “Daar is stewige planne in plek om seker te maak dat geen ongerymdhede dié eksamen sy kop uitsteek nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.