Oos-Kaapse polisie nou ook met Tetra toegerus

2016-02-03 06:00
Nasionale Polisiedag is verlede week in Port Elizabeth gevier met die amptelike ingebruikneming van die nuwe 10111-dienssentrum in Korsten. Nkosinathi Nhleko, minister van polisie (regs), en lt. genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, het die Tetra-kommunikasie­stelsel aan die Oos-Kaap bekend gestel. Dié stelsel word nou in Gauteng en die Oos-Kaap gebruik.                                                                 Foto: DEON FERREIRA

Nasionale Polisiedag is verlede week in Port Elizabeth gevier met die amptelike ingebruikneming van die nuwe 10111-dienssentrum in Korsten. Nkosinathi Nhleko, minister van polisie (regs), en lt. genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, het die Tetra-kommunikasie­stelsel aan die Oos-Kaap bekend gestel. Dié stelsel word nou in Gauteng en die Oos-Kaap gebruik. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE dae dat insleepvoertuig-bestuurders, ambulansbestuurders en mense met verskuilde agendas die polisie se kommunikasiestelsel meeluister, is glo getel.

Die Oos-Kaap het onlangs die tweede provinsie in die land geword waar die polisie die Tetra-kommunikasiestelsel in gebruik geneem het. Dit word reeds in Gauteng gebruik.

Dit word allerweë as ’n uitstekende stelsel bestempel, maar daar is aanduidings dat dit nog nie oral in die provinsie werk nie.

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, en lt.genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiehoof, het verlede week ten tyde van die viering van Nasionale Polisiedag dié stelsel by die nuwe 10111-dienssentrum in Korsten aangeskakel.

“Die nuwe kommunikasiestelsel is ’n baie veilige stelsel, en kan nie deur buitestanders gekaap word nie. Die stelsel sal ook kommunikasiekanale tussen die polisie en die gemeenskap verbeter,” het Nhleko gesê.

Die stelsel is ook aan ’n opsporingstelsel gekoppel en operateurs in die inbelsentrum sal sien presies waar elke radio in die stad is.

“Met die opsporingstelsel sal die operateurs weet waar elke polisie- beampte is sodat die naaste beampte na ’n klagte uitgestuur kan word en die reaksietyd verkort kan word.”

Maar tydens ’n demonstrasie van die stelsel, met sy radio’s wat soos eerstegenerasie-selfone lyk, het dit geblyk dat nie al die polisiekantore én hul onderskeie afdelings in die metro-munisipaliteit aan die stelsel gekoppel is nie.

Bewerings is gemaak dat slegs 15 van die 255 benodigde seintorings vir die nuwe kommunikasiestelsel in die provinsie opgerig en in werking is.

En die 2 000 Tetra-radio’s wat verlede week aan polisiebeamptes in die metro-munisipaliteit uitgedeel is, is nie naastenby genoeg vir ’n volle funksionerende kommunikasiestelsel tussen al die metro se polisiebeamptes en polisiekantore nie, het ’n betroubare bron beweer.

By navraag oor hoe gereed die nuwe stelsel is, wou Phahlane nie meer besonderhede bekend maak nie.

“Al wat ek verder gaan sê, is dat ons gelukkig en trots is op hoe ver met die nuwe stelsel gevorder is. En soos met enige tegnologie is die stelsel nog aan die ontwikkel.”

Een van die ontwikkelings wat in die vooruitsig gestel word, is tegnologie wat die 10111-dienssentrum in staat sal stel om ’n lewendige beeld van al die kameras in die stad te ontvang.

Dit is nie bekend wanneer dit in werking gestel sal word nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.