Oud-valskermsoldate staan só mekaar by

2016-04-06 06:00
Oudvalskermsoldate van die Grensoorlog tydens hul tweeweeklikse byeenkoms by die Moth Shellhole in Kragga Kamma is (agter, van links) Clint Rieder, Jan Volschenk, André van Niekerk, Renton Atkinson, Rocky Ditlow, Ken Nosworthy, Nols Gouws en Anton van der Merwe, en voor (van links) Robbie Smit, Andries Smit, Elroy Jonck, Peter Laubscher, Noel Laurie en Koos (Snakes) Snyman.                                    Foto: LOURENS SCHOEMAN

Oudvalskermsoldate van die Grensoorlog tydens hul tweeweeklikse byeenkoms by die Moth Shellhole in Kragga Kamma is (agter, van links) Clint Rieder, Jan Volschenk, André van Niekerk, Renton Atkinson, Rocky Ditlow, Ken Nosworthy, Nols Gouws en Anton van der Merwe, en voor (van links) Robbie Smit, Andries Smit, Elroy Jonck, Peter Laubscher, Noel Laurie en Koos (Snakes) Snyman. Foto: LOURENS SCHOEMAN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE eerste keer toe ’n oudvalskermsoldaat van die destydse 1 Valskermbataljon ná baie jare weer die basis by Tempe in Bloemfontein besoek het, het hy dadelik begin hardloop nadat hy deur die hekke gegaan het.

“Ek is al oud en grys en dit het outomaties gebeur; dit was so in ’n mens ingedril dat jy daar nie mag loop nie. Jy moet hardloop,” vertel Ken Nosworthy.

“Toe ek verby ’n paar jong troepies hardloop, het een van hulle opgemerk dat ek ’n oud-parabat moet wees, want kyk hoe hardloop ek.”

Nosworthy se makkers grinnik, hulle onthou die dae op Tempe.

Die basis was bekend as “Die Hel” en Koos (Snakes) Snyman, een van die instrukteurs, was die duiwel.

“Hy was die taaiste, hardste en gemeenste instrukteur daar.”

Snyman – deesdae lid van die Oos-Kaapse Parabat Veteran’s Organisation (PVO) – glimlag net stilweg oor die opmerking.

Van die plaaslike oudvalskermsoldate – parabats soos hulle verkies om bekend te staan – wat aan die Grensoorlog van 1966 tot 1989 deelgeneem het, het onlangs vir die eerste keer in baie jare weer valskermspronge uitgevoer.

Hulle was deel van meer as 270 springers van oor die hele land wat weer uit dieselfde ou “Daks” (Dakotas) en “Hercs” (Hercules) -vliegtuie gespring het en in die water van die Bloemhofdam in die Vrystaat geland het.

“Die grond sou te hard wees vir die manne se ou lywe,” het Pete Laubscher, voorsitter van die plaaslike PVO, gesê en bygevoeg dat van die “broeders”, soos hulle onder mekaar bekend staan, aanvanklik huiwerig was.

Nosworthy het dit só opgesom: “Toe ons, soos ek, vir die eerste keer in 48 jaar weer die valskerms aangehad het, was ons weer die trotse valskermsoldate van ouds. Koel, kalm en bedaard.”

Die lede van die organisasie kom elke tweede Woensdag bymekaar om terug te dink aan die kameraderie van ouds.

Die PVO se hoofdoel is om die oudsoldate te verenig, en hulle en hul families by te staan en te ondersteun, waar en wanneer nodig, het Laubscher gesê. “So ’n wegbreek-aand doen ons baie goed.

“Dis steeds nie maklik vir ons om oor die moeilike en hartseer episodes wat ons deurgemaak het, te gesels nie, met die gevolg dat ons konsentreer op die ligter ondervindings,” het hy vertel.

Maar, soos Andries Smit gesê het: “Ons het altyd ná die verlies van een van ons kamerade so onder ons ’n heildronk op hom gedrink.

“Die wete dat ouers, vroue, kinders en meisies angstig vir ons terugkoms gebid het, het ons deur alles gedra.

“Tog, wanneer jy op die trein geklim het ná afloop van jou dienstydperk, het jy trane van blydskap in jou oë gehad, en was jy ook hartseer oor die manne wat agterbly.”

Volgens Nols Gouws was die basiese opleiding die grootste uitdaging vir die voornemende valskermsoldaat. Alles het daarom gedraai.

“Die keuring was drie weke van hel. Baie van die ouens het tou opgegooi weens die aanhoudende druk.

“Van die 223 ouens in ons groep het net 43 vleuels gekry. Dis hoekom die parabats as die beste in die wêreld gereken is. En ná alles moes jy saans in volle drag wees vir menasie.”

Laubscher het vertel hoe sy dokter ’n paar maande gelede ’n stuk skrapnel uit sy nek verwyder het, nadat hy onwetend byna 50 jaar daarmee geleef het.

“Ek het skielik hoofpyn ontwikkel wat nie wou weggaan nie. Die dokter het toe tydens ’n ondersoek daarop afgekom en dit uitgesny.

“Dit het natuurlik doerie jare agtergebly toe ander skrapnel wat ek tydens ’n skermutseling opgedoen het, verwyder is.”

1 Valskermbataljon (Ex Alto Vincimus – Ons Oorwin van Bo), die enigste voltydse Suid-Afrikaanse valskermeenheid, is op 1 April 1961 gestig. Die bataljon het aan verskeie aktiewe operasies deelgeneem en baie van die soldate het hoë toekennings tydens die Grensoorlog ontvang. Die eenheid is in 1998 hernoem na die Valskerm-opleidingsentrum. Dit staan tans bekend as 44 Valskermregiment.

Volgens Laubscher is daar talle oudvalskermsoldate in Port Elizabeth met wie hulle graag wil kontak maak.

Sluit aan deur e-pos aan enige van die volgende veterane te stuur: Peter Laubscher (petelaubscher@ gmail.com), Clint Rieder (clint.rieder@absamail.co.za) en Noel Laurie (laurie.noelf@gmail.com).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.