Oudhoofseun laat hom nie deur armoede stuit

2017-01-11 06:01
Millicent Kennedy, lewenswetenskappe-onderwyser by Bertram Sekondêre Skool, was Donderdag oorstelp van vreugde oor Lorenzo Jonkerman se drie onderskeidings waarvan een in haar vak was.  Foto: ROSLYN BAATJIES

Millicent Kennedy, lewenswetenskappe-onderwyser by Bertram Sekondêre Skool, was Donderdag oorstelp van vreugde oor Lorenzo Jonkerman se drie onderskeidings waarvan een in haar vak was. Foto: ROSLYN BAATJIES

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LORENZO Jonkerman (17), voormalige hoofseun van Bertram Sekondêre Skool in Bloemendal in Port Elizabeth, het hom nie deur armoede laat stuit nie.

Met ’n enkelma wat werkloos is, het hy gewéét sy sukses rus vierkantig op sy skouers.

En met drie onderskeidings in sy sak begin dié oudhoofseun se universiteitsreis dalk eersdaags by die Nelson Mandela-Universiteit in BSc(Chem) – mits hy die Raymond Uren-beurs ontvang. Dié beurs is vir leerlinge uit die noordelike woonbuurte in Port Elizabeth wat onder moeilike omstandighede presteer.

Hoewel harde werk sy resep vir sukses was, het hy ook tyd gemaak om tydens pouse sy maats met húl skoolwerk te help.

“Ek het myself geleer om nie te stres nie,” sê hy. “As jy stres, dan gaan jy niks gedoen kan kry nie. Ek het ook elke geleentheid gebruik in die klas om vrae uit te werk en sommer my huiswerk klaar te maak as die onderwyser nie besig is met lesgee nie.”

Hy het ook tuis sy werk in klein sarsies gedoen om homself nie te oorwerk nie.

“Ek het gesorg dat ek genoeg slaap kry en gereeld water drink asook gesond eet, want ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde verstand.”

Jonkerman het onderskeidings in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en Engels eerste addisionele taal behaal.

“Ek het verwag om ’n onderskeiding vir fisiese wetenskappe te kry, maar nie vir die ander twee nie.

“My ma, Fransina, is baie gelowig en sy het vir my gebid om goed te vaar.”

Millicent Kennedy, Jonkerman se lewenswetenskappe-onderwyser, sê sy is oorstelp van vreugde.

“Hy het vir my gesê hy weet nie hoe om my te betaal vir my bystand nie, maar dat hy so goed geslaag het is my betaling.”

Ook die hoof, Jerome May, is ewe trots op Jonkerman.

“Dit gaan finansieel nie goed met die gesin nie en dat Lorenzo so goed gevaar het, is ’n bewys dat armoede nie ’n verskoning is om goed te presteer nie.

“Hy is ’n suksesverhaal. Hy het hard gewerk en het selfs studiegroepe begin.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Pack theory: fact or fiction?

Do you need to be the "alpha" to have an obedient dog?

 
 

Paws

Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.