‘PE Express’,‘Die Burger’ se Christo groet ná 40 jaar

2016-04-06 06:00
Christo Killian, grafiese ontwerper by Die Burger Oos-Kaap, tree ná ’n loopbaan van veertig jaar uit.  Foto: MORNÉ DU RANDT

Christo Killian, grafiese ontwerper by Die Burger Oos-Kaap, tree ná ’n loopbaan van veertig jaar uit. Foto: MORNÉ DU RANDT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VEERTIG jaar gelede was hy só op sy senuwees oor sy eerste werksdag, dat hy langs die pad naar geword het en sy pa eers moes stilhou. Christo Kilian het egter sy senuwees oorkom en verlede Woensdag ná 40 jaar diens by Die Burger Oos-Kaap en PE Express uitgetree.

Killian was maar 17 toe hy as handsetter by die destydse middagblad Oosterlig sy loopbaan begin het. “Elke lettertjie is daardie jare met die hand gepak,” vertel Killan (56).

Van koerant “pak” het die tegnologie gevorder na koerant “plak”, waar die teks en advertensies met lasertegnologie uitgesny is vir drukwerk.

Killian het ook die volgende stap in tegnologie beleef toe die koerant van film af direk op die drukplate gebrand is.

“En toe kom ‘computer to plate’-tegnologie wat weer ’n nuwe aanpassing was.”

Hy onthou ook die aanpassing om van die Oosterlig na Die Burger oor te gaan. “Ons het gedink ons word oorgevat deur die Kaap en dit het met heelwat perso­neelvermindering gepaard gegaan.”

Maar hy onthou sy lang loopbaan as “oorwegend goeie jare”. Sy raad aan jong mense wat die koerantwese wil betree is om “soveel as moontlik te leer van die nuwe tegnologie en die nuwe uitdagings wat voorlê”.

Killian het nou die tuig neergelê as grafiese ontwerper: koerante, maar by die huis wag “heerlike werk” saam met sy vrou, Wilma, om hul twee seuns, Waldo (17) en Jaco (8), groot te maak. Hy spot dat hy spesifiek vir hulle kort name gegee het sodat hy “kort en kragtig kan sê: ‘Jaco, Waldo, bly stil!’ ”

Maar dis duidelik goedige spot, want die rustige silwerkopman met die sagte bruin oë se lewensfilosofie het hy in sy afskeidstoespraak weergegee toe hy personeel aangemoedig het om mekaar “raak te leef en nie raak te trap nie” in hul oorblywende werkjare.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.