PE skermers blink uit by Skerm Ope

2016-12-07 06:01
Van links is Dr Riekie Finestone, Jessica Raper en Sharon Ruffer.           Foto: VERSKAF

Van links is Dr Riekie Finestone, Jessica Raper en Sharon Ruffer. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE jaarlikse Oos-Kaap Skerm Ope, wat ’n nasionale ranglys kompetisie is, het sinoniem geword met drie vroue aan die stuur.

Die drie is Jessica Raper, voorsitter van die Oos-Kaap Skermvereniging en hoof afrigter; Sharon Ruffer, wat deel van die tegniese span uitmaak; en Dr Riekie Finestone, wat deel is van die strategiese beplanning.

Skerm is ’n Olimpiese sport wat tans in Port Elizabeth, Port Alfred, en Buffalo-stad beoefen word. In 2017 sal Cradock ook by die lys gevoeg word.

Dit is vanjaar die eerste keer dat toekennings aan beamptes gemaak is. Beide Ruffer en Finestone het onlangs ’n meriete toekenning ontvang vir hul uitstaande dienslewering wat tot die algehele sukses van die Oos-Kaap Ope gelei het.

Die byeenkoms was in 2015 vir die eerste keer in die Oos-Kaap aangebied en was geloof deur deelnemers as die beste georganiseerde byeenkoms van sy soort in Suid Afrika.

In Oktober 2016 het Port Elizabeth as ’n skerm-gasvrye stad weer loshande gewen met die meeste aantal deelnemers by ’n Ope.

Drie dae voor die byeenkoms moes inderhaas na ander akkommodasie gesoek word omdat NMMU, waar die byeenkoms sou plaasvind, deur studente optogte versper was. “Dit het groot spanning landswyd meegebring aangesien al die vliegtuigkaartjies, verblyf en finale reëlings reeds maande voor dit gefinaliseer was.,” het Raper verduidelik.

“Die probleem was die grootte van die saal, omdat agt skermmatte sowel as 130 skermers en ouers van regoor die land gemaklik moes inpas.

“Ten spyte van al die onsekerheid, het vinnige besluitneming en aksie met die hulp van die Veremarksaal se bestuur gesorg dat ons weer eens ’n baie suksesvolle byeenkoms aangebied het.”

Daar is ook verskeie skermers wat onlangs toekennings ontvang het:

Jon-Paul Raper, ’n voormalige Moderne Vyfkamp Protea atleet is as die beste skermer in die mansafdeling in die Oos-Kaap bekroon. Hy beklee tans die 8ste plek op die nasionale skerm ranglys in die Degenwapen.

Isabella Finestone (16), ’n graad 8 leerder van Hoërskool Pearson, het die trofee vir die beste vroue-skermer ontvang. Sy beklee tans die 7de plek op die nasionale ranglys in die O/17 kategorie.

Rachel Beukes (13), ’n graad 7 leerder van St George’s Laerskool, is aangewys as die mees belowende jong vroue-skermer.

Salmaan Schmidt (19), ’n eerste-jaar NMMU BCom student, het die toekenning vir die mees belowende nuwe skermer in die Oos-Kaap ontvang.

“Afrigters, toerusting en befondsing bly maar die grootste probleem,” het Raper gesê. “Maar vir nou sal ons nie terughou om talent te ontwikkel nie. Dit sal net langer neem om ons doel te bereik.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.