Perde gaan loer in by bejaardes

2017-08-16 06:03
Trish Ball maak nader kennis met die perd Gobatse. Foto: LULAMA ZENZILE

Trish Ball maak nader kennis met die perd Gobatse. Foto: LULAMA ZENZILE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS van die Home Sweet Home-tehuis vir bejaardes in Howstraat, Port Elizabeth, het onlangs besoek van twee ongewone gaste gekry.

Gabotse en Fortune, twee perde van die polisie se berede-eenheid, het besoek afgelê en het ook belangstelling van ’n sielkundige oorkant die straat ontlok.

Mandy Gurr-Snyman, ’n 54-jarige inwoner en motorneuronsiekte-lyer (MNS), het gereël dat die perde die tehuis besoek.

“Ek is lief vir diere en katte is my gunsteling. Ek self het perd gery toe ek jonger was. Ek weet dus hoe stimulerend en terapeuties hul nabyheid kan wees,” sê sy saggies en moeisaam terwyl sy uit haar rolstoel liefdevol na die perde kyk.

MNS is in 1998 by Gurr-Snyman, ’n voormalige sangeres en aktrise, gediagnoseer en sy woon nou al sowat ’n jaar in Home Sweet Home omdat sy die fisieke versorging nodig het.

“Dit is eintlik ’n tehuis vir bejaardes en ek is die jongste hier, maar ek het deurlopende versorging nodig.”

Die sowat 50 inwoners is deur versorgers na buite gehelp en het met kleurvolle kniekomberse geluister hoe ao. Duane Burke van die berede-eenheid en Kobus Pretorius, ’n senior verkeersbeampte, die werk van die eenheid verduidelik.

Dié wat wou, het vir die diere wortels en appels gevoer.

Vanessa Mackay, eienaar van die tehuis, sê sy is oortuig dat die polisie se besoek lank deur die inwoners onthou gaan word.

Volgens haar is dit die eerste keer dat lede van die berede-eenheid die tehuis besoek.

“Ek het my tehuis in 2010 in Sunridgepark met sewe inwoners begin en dit het so uitgebrei dat ek nou 50 inwoners en sowat 60 werknemers in dié gebou het.

“My liefde vir bejaardes het my gedryf om die tehuis te begin,” sê sy terwyl sy glimlaggend kyk na die bejaardes – onder wie net sewe mans.

Dit was nie net die inwoners wat deur die perde gefassineer is nie. Een van die personeellede, Cindy Stork, het besluit sy wil voel hoe dit is om op ’n perd se rug te sit en het geskrik toe hy wil-wil op ’n galop gaan.

Volgens kaptein Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het die polisie besluit om die bejaardes “bietjie te bederf met ’n soethappie en ons het met koek daar opgedaag”,

“Dit was een van ons projekte gewees om net bietjie uit te reik na ons bejaardes en ook vir hulle te wys ons gee om.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.