Plaaslike dansskool binnekort op die kassie te sien

2016-10-12 06:00

’n BAAISE dansskool gaan binnekort hul talent op die kassie ten toon stel in die eerste danskompetisie-televisiereeks wat eersdaags op kykNET uitgesaai sal word.

Die kompetisie, Dans in jou taal, fokus spesifiek op dansskole regoor Suid-Afrika waar episodes weekliks opgeneem sal word.

Die plaaslike dansskool, Defying Gravity Productions, se episode word op 13 Oktober by die Laerskool Sunridge opgeneem, volgens mede-eienaar van dié skool, Heidi Sampson.

Elke streek het ’n uitdunronde waar ’n paneel van beoordelaars die wenners van ’n episode bepaal. Die wenners dring dan deur na die eindronde wat later vanjaar voor ’n groot gehoor in Gauteng opgeneem sal word. Daar is ook elke week ’n gehoorkeuse, wat bepaal word deur SMS-stemme, wat tydens die opnames getel word. Sou die gehoor ’n ander wenner as dié van die beoordelaars kies, sal die gehoor se keuse ook outomaties na die eindronde deurdring.

Volgens ABS Produksies, wat die reeks vervaardig, is daar op dié kompetisie besluit om vir dansskole op nasionale vlak erkenning te gee deur ’n platform te skep vir dansskole “wat regdeur die jaar pligsgetrou is”.

“Met hierdie kompetisie word dansskole die geleentheid gebied om ’n ondervinding van ’n leeftyd op te doen en in die proses hulle deel in bykans R150 000 in pryse los te slaan.”

Volgens Sampson het sy en die mede-eienaar van Defying Gravity Productions, Lauren McCarthy, besluit om die besige dansjaar op ’n hoë noot af te sluit deur vir Dans in jou taal in te skryf.

“Ons dansers het so hard gewerk deur die jaar. Dit gaan groot pret wees en hulle is ongelooflik opgewonde dat hulle familie en vriende hulle op TV gaan sien,” het Sampson gesê.

Sy en McCarthy het baie hard deur die jaar aan verskillende dansroetines vir verskeie kompetisies gewerk. “Ek en Lauren sit baie ure in, maar om ons dansers te sien groei en hulle harde werk op die verhoog te sien, maak alles die moeite werd,” vertel ’n opgewonde Sampson.

’n Paar dansers van dié dansskool het tydens die skoolvakansie aan ’n nasionale dans-kompetisie, DanceStar, in Kaapstad deelge-neem. By dié kompetisie het al 20 dansers wat deelgeneem het die SA-span gehaal wat volgende jaar in Kroasië aan die internasionale DanceStar gaan deelneem.

“En ná Dans in jou taal begin ons beplanning en oefening vir ons groot jaareinde vertoning by die Operahuis,” aldus Sampson.

Dié vertoning, wat al die dansers van die skool insluit, sal in die eerste week van Desember gehou word.

Maar vir eers konsentreer Sampson en haar span daarop om hulle beste voetjie voor te sit tydens die opname van Dans in jou taal môre-aand by Sunridge. Die vertoning is van 7nm. tot 9nm. en ondersteuners kan kaartjies by die dansskool self koop.

Vir meer inligting, bel Sampson by 082 990 6202 of McCarthy by 072 277 0087 of stuur ’n e-pos aan info@dgproductions.co.za.

  • Kyk Dans in jou Taal vanaf Desember op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.