‘Pleegouers word al hoe minder’

2016-03-30 06:00
Annelie van Rooyen, maatskaplike werker en assistentdirekteur by die MTR Smit-kinderoord, hou een van “my kinders” liefdevol vas.

Annelie van Rooyen, maatskaplike werker en assistentdirekteur by die MTR Smit-kinderoord, hou een van “my kinders” liefdevol vas.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BY die MTR Smit-kinderoord is dit byna elke kind se begeerte om in ’n warm bed in die huis van ’n eie, liefdevolle familie wakker te word, vertel Annelie van Rooyen, maatskaplike werker en assistentdirekteur van die MTR Smit-kinderoord.

Maar vir talle word dié begeerte deesdae nie vervul nie.

“Dis ’n lang, lang proses om amptelik ’n pleeg-ouer te word,” verduidelik sy. “Voornemende pleegouers kontak ons eers, ons reël ontmoetings en dagbesoeke om die ys te breek alvorens hulle ’n aansoekvorm invul. Dan is daar die regering se Vorm 30.”

Dié Vorm 30 word ingevul om seker te maak dat pleegouers nie enige misdaadgeskiedenis het nie.

“Veral in die lig van die toenemende aantal pedofiele en sake van mensehandel. ’n Mens moet vir seker weet dat jy nie reeds getraumati-seerde kinders deur enige verdere hartseer en lyding sit nie. Die probleem is egter dat dit tussen ’n jaar en twee jaar neem voordat ’n mens enige terugvoering oor voornemende pleegouers se Vorm 30-status verkry. Intussen verloor paartjies en ons kinders dikwels hoop,” vertel sy.

Volgens die vakbond Solidariteit het die getal pleegouers in die land sedert 2013 van meer as 570 000 tot 450 000 gedaal. In die Oos-Kaap is daar sowat 107 000 mense wat pleegsorg aan wees- of verwaarloosde kinders bied.

By dié oord word kinders deur die howe hier geplaas nadat hulle van hul ouers weggeneem is om te verhoed dat hulle ná erge mishandeling, hetsy emosioneel, fisiek of seksueel, verdere leed aangedoen of verwaarloos word.

“Dis ’n moeilike pad met min hulpbronne van buite. Daar’s minder nywerheidskole in die land waarheen ons ons kinders kan stuur. In die Oos-Kaap is daar slegs een vir seuns en geen vir meisies nie,” sê sy. “Tot 80% van ons kinders [het spesiale behoeftes], en baie kinders wat ernstige trauma moes deurmaak, is ook leerders met spesiale behoeftes en ’n mens vind moeilik plek vir hulle in skole.”

Daar is natuurlik talle suksesstories.

“Matrieks wat hul eindeksamens met A-simbole geslaag het, van ons borge wat self hier grootgeword het en vandag suksesvolle bestuurders is, is maar ’n paar om op te noem,” sê Van Rooyen. “Buiten dat ons vir elke kind ’n goeie familie toewens, is ons diepste begeerte dat hulle goeie, gebalanseerde volwasse lewens sal lei.

Maar die werklikheid is dat enigeen wat ’n kind wil aanneem, pleegsorg bied of selfs net in ’n kinderoord werk, van staal gemaak moet wees. Jy moet ’n opregte hart hê. Maar jy moet veral oor die vermoë beskik om onvoorwaardelik lief te hê.”

Pleegsorg is menseredderswerk

Pleegouer wees verg ook groot geduld.

“Maar dit verg veral die behoefte om aan ’n kind liefde te gee,” meen Sandra Marais*, ’n pleegouer van Pretoria. “Ek en my man het lank gesukkel om kinders van ons eie te hê. Niemand kon ons vir minder as R50 000 help om ’n kindjie aan te neem nie. Toe kies ons die pad van pleegouerskap.”

Vir Marais is die pleegsorg menseredders-werk, want jy neem ’n kind wat in sy omstandighede dalk nooit sou oorleef nie en plak hom in ’n ander storie en skryf saam met hom ’n liefdesverhaal.

“Ek het twee dogtertjies in 2013 ingeneem. Ons oudste was toe ses en ons het haar eintlik uit die kloue van mans wat haar na Lagos wou neem om daar ’n kinderprostituut te word, gered,” vertel Marais. “Ons middelkind was 18 maande oud en het glad nie geweet wat dit is om te lag nie. Jy moet haar vandag hoor. Sy borrel behoorlik van vreugde.”

Marais verduidelik dat Jane* die middelkind is en nie die jongste nie, omdat sy later in 2013 – ná vier jaar se pille, hormone, inspuitings, ongemaklike sonars, baie trane, hormoonbuie en duisende rande se skuld – tóg swanger geword het.

“Nadat ons enigste twee embriotjies met in vitro-behandeling nie oorleef het nie en ek ernstige komplikasies ná die prosedure ontwikkel het, moes ons tot die moeilike aanvaarding kom dat ons waarskynlik nooit ons eie kindjie sou kon hê nie,” vertel sy.

“Desember daardie jaar was ek swanger. Ek moet sê: die Here het ander planne met ons gehad.”

Raad aan voornemende pleegouers

Van Rooyen se raad is eenvoudig en eerlik: “Kinders met trauma in hul onderbewussyne rebelleer sodra hulle puberteit haal. Bykans klokslag. Wees voorbereid hierop, maar hê lief, dissiplineer en hê oor en oor lief.”

Sy glo dat een van die grootste struikelblokke vir pleegouerskap dikwels ’n gebrek aan geld is.

“Die regering betaal maar net bietjie meer as R1 000 toelaag per kind aan pleegouers. Dis min, ek weet, as ’n mens in ag neem wat dit kos om kinders in skole te hê, te voed en dies meer. Dis ’n pad wat niemand moet neem as hulle nie seker is daaroor nie.”

Marais stem met haar saam.

“Maar ek sou ook sê: deel jou storie met die gemeenskap, jou vriende en familie. Ek het vir Jane* met net die kleertjies aan haar lyf, ’n kombers en ’n kliniekkaart ontvang. Maar ek het twee stootwaentjies, ’n karstoeltjie en hope klere en ander benodigdhede van die gemeenskap gekry.”

Of die band tussen haar pleegkinders en haar anders is as dié van haar biologiese spruit, antwoord sy: “Bloed is nie dikker as water nie. Dis ’n blufspul. En voornemende ouers moet onthou: elke kind kom met sy eie potjie goud.”

Sal sy dié pleegsorgreis vir ander aanbeveel? “Beslis! As ’n mens werklik die kringloop van armoede wil breek, is dit op dié manier. Neem ’n kind met ’n hopelose toekoms en bou saam met hom ’n beter een.”

*Sandra Marais en Jane is skuilname om die gesin se identiteit te beskerm.

Pleegsorg behels dat ’n kind by gekeurde pleegouers geplaas word nadat hy of sy deur die kinderhof, ingevolge die Kinderwet, sorgbehoewend bevind is. Vir diegene wat wil weet hoe die proses werk, besoek gerus die webwerf www.pleegsorg.co.za.

Marlien van der Westhuizen, ’n woordvoerder hier, glo dat te min mense weet wat die stappe is om te volg indien hulle oorweeg om pleegouers te word. “Ons webwerf verduidelik in diepte wat pleegsorg behels en bied ’n uiteensetting van die regte van die pleegouer, biologiese ouers en die pleegkind. Voornemende pleegouers kan hulself hier beskikbaar stel vir pleegsorg.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.