Polisie waarsku ná 2de kaping in twee dae in PE

2016-11-30 06:00
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE polisie het ’n waarskuwing aan motorbestuurders gerig om altyd op hul hoede te wees ná ’n tweede kaping in twee dae in Port Elizabeth.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê ’n 32-jarige vrou het Vrydag omstreeks 4nm in haar motor gesit by ’n oop veld naby die krematorium in Walmer toe sy deur ’n man genader is wat ’n sigaret by haar gevra het.

Hy het haar daarna beveel om uit die motor te klim en ’n skoot in die grond geskiet.

Volgens Janse van Rensburg het hy gesê sy kan later haar motor, ’n Suzuki Alto, kry en het weggejaag.

Sy is nie beseer in die voorval nie. Die motor is dieselfde dag omstreeks 6nm in die Walmer-township gevind.

Dié kaping het plaasgevind ’n dag nadat ’n Gautengse sakeman (73) Donderdag by ’n gastehuis in Skegnessweg, Somerstrand, gekaap is. Die gekaapte motor, ’n Nissan Tiida, is later in Forest Hill gevind.

“ ’n Mens kan nie eintlik net sê dat mense afgeleë gebiede moet vermy nie, want die sakeman is by ’n gastehuis gekaap,” sê Janse van Rensburg.

“Motorbestuurders en hul passasiers moet ten alle tye op hul hoede wees en noukeurig let op wat in hul omgewing aan die gang is.”

Volgens Janse van Rensburg gaan dit vir kapers soms nie oor die motor nie, maar oor wat in die motor is wat hulle kan steel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.