Probleemgeboue in Nelson Mandelabaai se dae getel

2016-11-02 06:00
Athol Trollip, uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, was onlangs op inspeksie by ’n probleemgebou in Westernweg, Sentraal.  Foto: FACEBOOK

Athol Trollip, uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, was onlangs op inspeksie by ’n probleemgebou in Westernweg, Sentraal. Foto: FACEBOOK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PROBLEEMGEBOUE in die Nelson Mandelabaai Metro se dae is getel en daar gaan ’n dag kom dat ’n voorbeeld van een gebou gemaak sal word.

Só het Nqaba Bhanga, politieke hoof van menslike nedersettings, verlede Dinsdag op ’n komiteevergadering gewaarsku.

Die komitee het ná sy sitting aanbeveel dat die munisipale bestuurder ’n taakspan saamstel om die instelling van munisipale regulasies oor probleemgeboue te ondersoek.

Daar gaan intussen wel opgetree word teen die eienaar van ’n krotgebou in Port Elizabeth se middestad.

“Die inhegtenisneming van ’n eienaar van een van die (probleem)geboue kan binnekort verwag word. Ons het inspeksie gedoen by ’n gebou in Westernweg naby die Operahuis in Sentraal waar iemand dood is. Daardie gebou is ’n ramp en hou ’n gesondheidsrisiko vir ons mense in.”

Volgens Bhanga glo die bestuurders en/of eienaars van die geboue dat hulle bo die munisipaliteit verhewe is. Dié “arrogansie” kan volgens hom nie meer geduld word nie.

“Ons kan nie genade betoon aan mense wat daartoe bygedra het dat die stad verval nie.

“Dwelms is daar (by die gebou in Westernweg) gevind. Kinders en vroue wat dalk vir prostitusie gebruik kan word, is ook daar aangetref.

“Die situasie is baie erg en dit het ons as politici daarvan oortuig dat dringende stappe gedoen moet word.”

Stap een vir Bhanga is ’n munisipale verordening om die toestand van geboue in die metropool te reguleer.

Hy sê hoewel die inspeksies van geboue voortgaan, werk menslike nedersettings saam met die gesondheidsdepartement om die gesondheidsrisiko’s in die metro se probleemgeboue op te los.

* Raadslede is verlede week op ’n werksessie die geleentheid gebied om vertroud te raak met konsepwetgewing oor probleemgeboue en ruimtelike beplanning.

Dié werksessie is deur raadslede van die portefeuljekomitee oor menslike nedersettings versoek en is die eerste fase van die openbaredeelnameproses waartydens die publiek ook ’n geleentheid sal kry om hul mening te gee oor wat die eindresultaat van die wetgewing moet wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.