Projekte vir kinders se veiligheid in Helenvale goed op dreef

2017-09-06 06:01
< Bouers is druk besig aan die Slange-en-lere-roete vir kinders in Helenvale.Foto:TONY KLAASEN

< Bouers is druk besig aan die Slange-en-lere-roete vir kinders in Helenvale.Foto:TONY KLAASEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TE midde van bendegeweld en skole wat as gevolg daarvan deur ouers gesluit word, is drie infrastruktuurprojekte wat op kinders se veiligheid gerig is, in Helenvale in Port Elizabeth op dreef.

Luvuyo Bangazi, woordvoerder van die Madibabaai-ontwikkelingsagentskap (MBDA), sê die drie projekte is deel van die groter SPUU-projek (veiligheid en vrede deur stedelike opknapping) in oorleg met die Deutsche KfW-bank. Die projek word deur die MBDA namens die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit bedryf.

“Die vyf komponente van die projek is die verbetering van openbare ruimtes en infrastruktuur, die bevordering van jeugontwikkeling, veiliger skole, die voorkoming van huishoudelike geweld en ’n strategiese plan vir behuising.”

Die drie infrastruktuurprojekte word die Gedigte-roete Musiek-roete en die Slange-en-lere-roete genoem.

Thandi Mafu, SPUU-projekbestuurder, sê die ooreenkoms is dat die munisipaliteit elke rand van die R71 miljoen wat KfW vir die projek skenk, moet ewenaar. Dit hoef nie in geld te wees nie, maar op ander maniere soos vennootskappe met ander departemente en organisasies.

“Die idee van die Gedigte-roete is om kinders van die Hillcrest Primary School op een sypaa-djie met hul ouerhuise te verbind.

“Die Gedigte-roete verbind ook die inwoners met Stanfordweg. Dié roete is nie net van gewone betonblokke nie, maar in die openinge gaan gedigte in betonpanele vasgemessel word wat deur die kinders van Helenvale self geskryf is.

“Die meeste van die gedigte handel oor óf geweld, óf onderwys, óf oor wat in Helenvale aan die gang is,” sê Mafu.

Volgens haar gaan straatligte ook aangebring word.

Die tweede projek – die Musiek-roete – is in gangetjies tussen die huise.

“Dit is waar al die bendegeweld gewoonlik plaasvind. Die roete verbind die Bayview Primary School se leerlinge met hul huise,” sê Mafu.

Die roete wat uit mosaïekkuns bestaan, begin met die volkslied, gevolg deur die klawers van ’n klavier en dit eindig met ’n kitaar.

Mary-Anne Kella, ’n vryskut mosaïekkunstenaar, staan aan die stuur van die Musiek-roete.

“Ek is van die Noord-Kaap, maar is al geruime tyd in Port Elizabeth omdat ek mosaïekontwerp aan die Nelson Mandela-Universiteit studeer het.

“Die projek bied baie bevrediging. Ek het baie uitdagings verwag omdat ek ook opleiding aan werkers verskaf. Die mosaïek word op ’n ander plek geskep en na die roete vervoer en dan moet dit aangebring word.”

Die derde roete is die Slange-en-lere roete.

“Dit gaan ’n mooi speelomgewing vir kinders bied. Mosaïekkuns gaan ook op hierdie roete aangebring word. Hier is nog baie werk te doen omdat die grond bewerk moes word,” sê Mafu.

Volgens haar is ’n verandering in die mense se denkwyse die belangrikste. “Infrastruktuurprojekte is bykomend daartoe. Jy kan al die infrastruktuurprojekte bekend stel, maar as mense se manier van dink nie verander nie, sal hulle die infrastruktuur verniel en beskadig.”

Die voltooiingsdatum van die SPUU-projek is van Januarie 2018 tot Januarie 2020 uitgestel.

Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, sê die departement hou tot in die laatnag vergaderings om die probleem met deelnemende skole in Helenvale op te los.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.