Raadslede by NMMU opgelei

2015-11-11 06:01
Helen Sauls-August (links), hoof van menslike nedersetting in die Oos-Kaap, saam met prof. Sijekula Mbanga, hoof van onderrig in menslike nedersetting by die NMMU. Foto: deon ferreira

Helen Sauls-August (links), hoof van menslike nedersetting in die Oos-Kaap, saam met prof. Sijekula Mbanga, hoof van onderrig in menslike nedersetting by die NMMU. Foto: deon ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOWAT 180 Oos-Kaapse raadslede en gemeenskapsleiers sal hulle opnuut met vaardighede toerus om die Oos-Kaap se menslike nedersettingsake te hanteer.

Helen Sauls-August, hoof van dié departement in die Oos-Kaap, het Sondag korttermyn-leerprogramme in menslike nedersetting by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) bekend gestel.

Die eerste klomp raadslid-studente het Maandag hier hul eerste les in volhoubare nedersettingsbestuur, boubestuur, grondbeleid, wetgewing en projekbestuur vir openbare amptenare bygewoon.

Sauls-August meen dié loodsprogram is die antwoord op talle probleme met die bestuur van onder meer behuisingsprogramme in die Oos-Kaap.

“Die idee is om leiers binne dié portefeulje ’n dieper kennis omtrent hul jurisdiksie te bied. Deur leiers goed toe te rus, rus mens die gemeenskap waarin hulle werksaam is, ook goed toe,” het sy gesê.

Dié leerprogram is ’n ingeperkte weergawe van die NMMU se BA-graadkursus in menslike nedersetting wat verlede jaar ingelyf is.

Sauls-August hoop om dié graadkursus ook by ander universiteite in die provinsie in te stel.

“Die Fort Hare-Universiteit begin reeds volgende jaar hiermee. Die idee is om kundiges in dié rigting op te lei.

“Die departement van menslike nedersetting is ’n noodsaaklikheid in enige regering en dis tyd dat ons wegspring met programme wat ons ’n voorsprong bó ander sal gee,” het sy gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
How much food do you need to concentrate?

We have been taught that we need three meals a day in order to make it through the day and while most of us indulge in more than our fair share there is a large portion of South Africans who are living off barely enough to sustain them.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.